Boknes Verkennerkamp van 24-30 April 2021
deur Hanelise du Plessis
Uiteindelik! ’n Oos-Kaap-gebiedskamp wat nie weens ’n pandemie gekanselleer word nie!
Die Oos-Kaap-kamp was vanjaar klein – net-net minder as 50 siele tesame – maar dit was ’n uitsonderlike kamp. Uitsonderlik, want:
- Ons kampterrein, die Daniel Scheepers Voortrekkerkampterrein, word vanjaar 51 jaar oud;
- Ons kampleier doen al vir 21 jaar aaneenlopend diens as Kampleier;
- Ons kampleier is vereer met Erelidmaatskap, oorhandig deur HL Danie Langner;
- Voortrekkers van heinde en verre – Uitenhage en Kimberley, Strand en Pretoria – het kom saamkamp.
Tussen Diaz-kruis, die Suiderkruis en die diep blou Boknes-see, lê Boknes Verkennerkamp. Waar ons selfbehoud, roei, stap, swem, skuiling bou, koekies uitdeel, visbraai, strandvuur maak, kerk hou, met harte vol van Voortrekkervreugde, en waar BG’s ons snags verras.
Sien julle daar in 2022!