Branderkaperjolle

deur James Millin

Die Voortrekkers Natal het vanjaar van 23 Junie tot 29 Junie vir die eerste keer as Gebied, die 15de Branderkaperjolle Verkennerkamp te Pennington in KwaZulu-Natal aangebied. Branderkaperjolle kan ook nie anders as met top kwaliteit kursusse soos Branderry, Seeroei, Snorkelduik, Skubaduik, Strandstudie, Strandvernuf en Rotshengel nie. Hierdie kamp het baie kompeterende voordele soos klimaat (heel week somer, son en see), afstand en bekostigbaarheid. Voeg daarby die pragtige Natalse Suidkus, ’n ontspanne atmosfeer en BAIE strandtyd na die eksamen.

Branderry

Rotshengel

Skubaduik

Snorkelduik