Care for Wild

Die meeste van ons ken die Krugerwildtuin as ’n plek van rus en samesyn. Agter die skerms woed ’n voltydse oorlog teen die vernietiging van ons natuurerfenis en wildlewe. By die K9-eenheid se hoofhek is die amper 2000 martelstrikke wat in die veld opgetel is ’n stil getuienis van die stropers se verwoesting. Daar is ook helde wat letterlik dag en nag hard werk aan die oplossingskant. Helde soos Generaal Johan Jooste, Johan de Beer van K9 en Petronel Nieuwoudt van Care for Wild wat die renosterwesies versorg en beskerm. Hulle word by bygestaan deur tientalle bewaarders wat daagliks onder uiters gevaarlike omstandighede werk. Die Voortrekkers het o.l.v. Carinda Habig met ’n projek begin om met behulp van spanne bokse vir bewaarders in te samel. Die Hoofdagbestuur het saam met Sonja Ludick en De Jager Burger van Klapperkop Voortrekkers die eerste 35 bokse oorhandig. Jacques Müller het ’n pragtige skildery van Arthur, ons renosterpenkop, aan Care for Wild oorhandig. Ons weet dit is ’n klein dankie vir die reusewerk wat hulle doen. Dit is ’n dankie wat Die Voortrekkers opreg bedoel.