Vorie-gemeenskapsprojek 2024

In September 2023 besluit die Hoofbestuur van Die Voortrekkers om Cheetah Experience as natuurbewaringsprojek te ondersteun.

In September 2023 besluit die Hoofbestuur van Die Voortrekkers om Cheetah Experience as natuurbewaringsprojek te ondersteun.

Cheetah Experience is ‘n geregistreerde organisasie sonder winsoogmerk (OSW) vir wie natuurbewaring belangrik is. Hulle huisves ‘n verskeidenheid wildediere wat as gevolg van hulle beserings nie weer in die natuur vrygelaat kan word nie.

Hulle is verder verantwoordelik vir die rehabilitasie van wildediere wat as beseerde diere ontvang is, versorg is en weer vrygelaat kan word.

Cheetah Experience werk nou saam met die Departement van Natuurbewaring. Hul ontstaan is te danke aan die eienaar, Riana van Nieuwenhuizen en Fiela, die jagluiperd wat sy in 2006 gered het. Fiela is op 7 Februarie 2019 aan nierversaking dood.

Jagluiperds is een van die mees bedreigde katspesies en is geklassifiseer as kwesbaar (vulnerable) op die IUCN (International Union for Conservation of Nature) se rooilys van bedreigde spesies.

In 1900 was jagluiperdgetalle wêreldwyd bykans 100 000. Dit het geval na ongeveer 14 000 in 1975. Vandag is daar na beraming  ‘n skamele 7 100 jagluiperds oor.

Ons luister na hierdie hulpkreet. Voortrekkers verskuif hierdie jaar grense.

Hoe kan jy betrokke raak?

Die Bussie vir Fiela-fondsinsamelingsprojek

Koop aanlyn ‘n spaarbussie by die Voriemôl
(https://voriemol.voortrekkers.co.za/)
teen R60.

Bankbesonderhede:
Die Voortrekkers
ABSA
Rekeningnommer:  050305015
Takkode: 632005

Hierdie bussie kan jy óf vir eie gebruik hou óf jy kan geld insamel en dit dan skenk aan Cheetah Experience. 

Hulle besonderhede is as volg:
Openbarevoordeelorganisasienommer (PBO NO.) 930064801 (vir belastingdoeleindes)

Bankbesonderhede:
ZA Cheetah Conservation
FNB
Rekeningnommer: 622 882 555 35
Takkode: 250051
Swift: FIRNZAJJ
Verwysing: Vories2024

Hou jou spankamp by Cheetah Experience

Hou jou spankamp by Cheetah Experience teen ‘n billike fooi en werk sommer ‘n wildstoer en natuur-spesialisasie in.

Dit kos R50 per persoon per nag en R50 per wildrit (bring jou eie kos en tent).

Farm 20, R101, Bela Bela, Limpopo
E-pos: info@cheetahexperience.com
Selfoonnommer: 072 905 3457
https://www.cheetahexperience.com/

Ondersteun Cheetah Experience se herwinningsprojek

Vier stasies met 5 herwinningsasblikke moet ingerig word.  Ons daag graag gebiede en kommando’s uit om voorstelle te gee van hoe om hierdie vier stasies op te rig.  Asblikke moet gemerk word met gepaste vinielplakkers om die herwinningskategorieë aan te dui: metaal (blikkies), papier & karton, plastiek en kompos (oorskietkos). Die ontwerp van elke plakker moet ook iets van die Voortrekkers uitbeeld.  Die fokus is kleurvolle, gepaste en oorspronklike ontwerpe.

Die gebied of kommando sal self die geld daarvoor moet insamel.  Die gebied of kommando met die beste planne en wat dit suksesvol kan uitvoer wen ‘n prys geborg deur Cheetah Experience. Hierdie kompetisie sluit op 1 April 2024 om 12:00.

Om deel te neem, skryf in by hierdie skakel:

Te ver om te help werk aan die herwinningsprojek?

Begin ‘n herwinningsprojek in jou gebied (in die gemeenskap), kommando of kampterrein.  Elke gebied, kommando of kampterrein kan op eie onkoste 5 x 240l swart asblikke aankoop.  Merk hierdie asblikke dan met gepaste vinielplakkers om die herwinningskategorieë aan te dui: metaal (blikkies), papier & karton, plastiek en kompos (oorskietkos).  Die ontwerp van elke plakker moet ook iets van die Voortrekkers uitbeeld.  Die fokus is kleurvolle, gepaste en oorspronklike ontwerpe.

Die gebied, kommando of kampterrein met die mooiste en mees relevante plakkers staan die kans om een van drie pryse te wen.  Hierdie stasies sal deur die gebied, kommando of kampterrein in stand gehou moet word.  Hierdie is ‘n geleentheid om jul gemeenskap te dien en dit is nie verpligtend nie. Hierdie kompetisie sluit op 1 April 2024 om 12:00 Om deel te neem, skryf in by hierdie skakel:

Kontak ons gerus vir enige navrae: