Kategorie:

Veldkamp

 

Waar en wanneer vind die kamp plaas?

Jaarliks tydens die Maart/April-vakansie by die Voortrekkerplaas Doornkloof, net 50 km oos van Kroonstad.

 

Kort beskrywing van die kamp:

Die eerste dag van die kamp moet die kampers hul eie tafel, bankies, koelkas, dreineringsput en stoof bou met materiaal wat voorsien word.  Hul maak dan vir 4 dae vir hulself en die volwassenes op die kamp kos.  Die etes wissel van roerbraai, potjiekos, potbrood, pannekoek, krummelpap, bruinpoeding en baie meer.  Hulle is ook verantwoordelik daarvoor om daagliks ’n inkopielys in te dien van al die bestanddele wat benodig word om die etes te maak.

Verder word daar sterk gefokus op die ekologie in die natuur en woon die kampers periodes by soos voëlwaarneming, ekologie in die veld, praktiese omgewingsbewaring en Christenskap en die natuur.  Hul doen ook elke oggend Bybelstudie wat handel oor die diere in die Bybel.

Tydens die aandfunksies hou ons ons eie kamp noot vir noot om meer te leer van die natuur en alles om my deur lekker kompetisiespele en meer word van die sterrehemel geleer.  Sondagaand gesels ʼn dominee met die kinders oor die hantering van hul persoonlike probleme en die opdra van dié probleme aan die Hemelse Vader. Sondagmiddag hou ons ook ’n Middeleeuse oorlog deur oorlogstuig te bou van houtbalke en tou en dan volg die oorlog.

 

Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:

Graad 9 – Ekologie; Kamplewe

   

Kampleier:

Jaco Erwee

Selfoon: 083 346 7554

E-pos: erweej@gmail.com