Herfskamp groei!

deur Maralda Meyer

Herfskamp 2018 was die lekkerste ooit, ten spyte van die baie reën en modder op Doornkloof.  Ons kon kleilat speel, swem in die swemdam, konsert hou en baie leer. Opgewonde, positiewe offisiere het ons touwys gemaak in groepspele, godsdiens, spoorsny, ekosorg, plantekennis en touwerk.  Ons groei!