Kategorie:
Voortrekkerlewe
Graad of Groep:
Graad 4 tot 12
Beskrywing:
Hier volg ’n rympie om die Hoofleiers in volgorde te onthou:
Die algemeenste van in ons land: Van der Merwe (Dr. NJ van der Merwe) het gaan visvang (Dr. CF Visser) totdat hy hees (Dr. J de V Heese) was. Hy besluit toe om te gaan bad (Mnr. JFP Badenhorst) maar besluit toe hy is nie skoon genoeg nie en gaan bad (Mnr. BH Badenhorst) toe weer, maar hierdie keer in die bos (Prof. CWH Boshoff). “Bos” in Duits is De Walt (Ds. JPL van der Walt). Daarna besluit hy om saam met die transportryer (Prof. TP Dreyer) en sy touleier (Prof. PJ Strauss) te gaan ry. Met almal teenwoordig vat hulle toe die lang (Dr. DJ Langner) pad.
Onderwerp:
Hoofleiers van die Voortrekkers