Kategorie:
Handwerkvaardighede
Graad of Groep:
Graad R tot 12
Beskrywing:
Alhoewel baie kinders tydens die Groot Trek hulle ouers moes help met die oppas van beeste en skape of met allerlei huishoudelike take soos brood bak en seep kook, was daar darem tyd vir speel. Seuns kon van kleins af perdry of met ’n voorlaaier skiet. Daar was nie speelgoedwinkels nie en kinders moes hulleself besig hou en het baie eie speelgoed gemaak. Dogters moes meestal self hulle poppe maak. Lappoppe is van ou oorskietmateriaal gemaak met gesigte wat gemaak is van die vliese wat uit ’n slagding gekry is. Maak hierdie paplepel-poppie met jou Drawwertjiespan en oefen terselfdertyd verskillende knope.
Onderwerp:
Die Groot Trek, handwerk, touwerk (knope)