
Kategorie:
Geskiedenis
Graad of Groep:
Graad R tot 7
Beskrywing:
Ons kommando het dr. Jackie Grobler genooi om oor die Geskiedenis met ons kommando se Penkoppe en Drawwertjies te kom gesels. Ons was bietjie bekommerd of ons die jonger PD’s moet insluit. Ons kon dit nie glo nie. Die PD’s het vir ʼn uur stilgesit en was absoluut betower deur die stories wat Jackie vertel het. Een van die offisiere was stom geslaan. Hy sê hy kry dit met moeite reg om sy span vir 15 minute te laat stilsit en hier sit hulle vir ʼn uur en luister. Jackie het ʼn ongelooflike goeie manier om stories van ons land se Geskiedenis te vertel.
Onderwerp:
Geskiedenis
