Kategorie:
Kamplewe
Graad of Groep:
Graad R tot 12
Beskrywing:
Braai, ’n woord wat jou mond laat water en jou dadelik laat begin soek na vuuraanstekers. Braai vorm so ’n groot deel van ons Suid-Afrikaanse kultuur en erfenis dat Erfenisdag, wat jaarliks op 24 September gevier word, se troetelnaam Braaidag is. Wanneer die lus vir braai ons beetpak, is die huidige weersomstandighede bloot ’n aanduiding van die bykosse wat bedien gaan word. Ons het geen verskoning nodig om te braai nie, dis ’n spontane gebeurtenis wat op enige tydstip kan plaasvind met of sonder waarskuwing. Daar is soms rede vir ’n noodbraai: hongerte wat jou oorrompel of wanneer die angs van die komende week net te veel raak. Nóú gaan ons braai!
Onderwerp:
Kamp, braai, Veldkook, Junior kok, kamplewe