Wat bied Die Voortrekkers?

Die Voortrekkers se metode vir leierskapontwikkeling is die kombinasie van KultuurAvontuur en Natuur. Deur dié metode het Die Voortrekkers vir meer as tagtig jaar bewys ons KAN suksesvol dienbare leiers vir môre ontwikkel.

Die uitkomste van Die Voortrekkers se leierskapsontwikkeling is selfdoen-Vaardighede, waardegedrewe Antwoorde en die praktiese Toepassing daarvan. Hiermee VAT Voortrekkers die toekoms met selfvertroue.

Kursusse, Spesialisasies en Avontuuraktiwiteite word deur kenners aangebied en voldoen aan streng riglyne.

Voortrekkers bied ’n groot verskeidenheid avontuuraktiwiteite in die natuur. Boogskiet, Perdry, Rotsklim, Hengel, Staptoere – die lys hou aan!

Die Voortrekkers streef na die ontwikkeling van jong leiers

Die Voortrekkers vier elke lid se prestasies en bied menige toekennings vir besonderse dienslewering en leierskap.

Die Voortrekkers bevorder elke lid se samewerking in spanverband en skep geleenthede waar leierskap binne-in ’n span toegepas kan word.

Die Voortrekkers is gevestig op Christelike waardes en skep geleenthede om Christelike waardes toe te pas.

Voortrekkerkampe heg nuwe vriendskappe met Voortrekkers uit verskillende dele van Suid-Afrika en Namibië.

Ons Afrikaanse taal en kultuur word op moderne maniere bevestig en verleen ruimte vir verdere groei en ontwikkeling van ons herkoms.

Vaardighede vanuit ’n wye spektrum word aangeleer en ontwikkel by Die Voortrekkers

Die Voortrekkers is betrokke in plaaslike gemeenskappe en bied ondersteuning deur verskeie projekte aan Suid-Afrikaners.