Kategorie:

Veldkamp

 

Waar en wanneer vind die kamp plaas?

In die Maart/April-vakansie op Hartbeesfontein, Pretoria.

 

Kort beskrywing van die kamp:

Hierdie is ’n kamp vir kinders. Dis hier waar almal – groot en klein – weer die kind in jouself kan ontdek deur met kinders te werk, saam met hul te lag en te speel en nuwe vriendskappe te bou met ander wat dieselfde passie het.

Hierdie kamp gee mens die geleentheid om kinders te help vorm om die soort Christen Afrikaner te word op wie ons en hulle later self trots kan wees. Op Hoëveld-kamp ervaar jy eerstehandse belewenisse wat jy hiervandaan saam met jou kan dra wat betekenis aan jou lewe vorentoe sal gee.

Jakaranda Penkop- en Drawwertjiekamp belê die afgelope 30 jaar in Laerskool-Voortrekkers se toekoms. Hulle word die geleentheid gegee om die April-vakansie in die bosveld verskillende mensgerigte en veldvaardighede aan te leer.

Die kamp gee vir elke kampeerder die kans om saam ander Voortrekkers die bosveld en kameraadskap te geniet, om in God se natuur sy liefde en almagtigheid te ervaar en om die hele kampervaring te gebruik as boustene vir sy Voortrekker- en lewensloopbaan.

 

Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:

Graad 1 – Tuinier

Graad 2 – Veldkook

Graad 3 – Handwerk; Plantwaarneming

Graad 4 – Vasbyt (Fiksheid); Versamelkuns; Noodhulp  

Graad 5 – Weerkennis; Touwerk; Ekosorg

Graad 6 – Spoorsny; Redding; Beeldende kunste

Graad 7 – Medemens; Erfgrond

Volwassenes – Spyseniering 

 

Kampleier:

Jan-Albert de Kock

Selfoon: 071 380 9757

E-pos: Global75@gmail.com