Kategorie:

Veldkamp

 

Waar en wanneer vind die kamp plaas?

Elke jaar, 2de of 3de week in Mei, afhangende waar Moederdag val op die Sondag, dan kamp ons nie. Ons kamp by die Voortrekkers se Van Stadenskloof-terrein (PE) te Oos-Kaap

 

Kort beskrywing van die kamp:

 Hierdie kampie het ontstaan a.g.v. Nig Muntie Griebenow (Despatch Kommando) se kleinkind (wat in die jaar 2000 in Graad 1) ontsteld was dat sy nie ook mag kamp en uitslaap saam haar Voortrekker-maatjies nie. Ons het toe gepraat van die Jnr Hanekam Kleinkampie vir Gr. R-2.  So het ons die Oord se Kommando’s ook genooi en word toe Jnr Hanekam Oord Kamp vir Gr. RR – 3. Die kamp is ’n Geskiedeniskamp waar elke graad vernaamlik oor hulle Afrikanerskap, ons Burgerskap en die grootste, ons Christenskap leer.

 

Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:

Gr. 1:  Dias

Gr. 2:  Ou Kaap

Gr. 3:  Immigrante    

 

Kampleier:

Amelia Boshoff

Sel: 084 678 3535

E-pos: 1amelia2boshoff@gmail.com