Kategorie:
Veldkamp
Waar en wanneer vind die kamp plaas?
Kameel, ’n dorpie in die Noordwes, naby Stella, oor die langnaweek in April
Kort beskrywing van die kamp:
Kalahari Vasbyt is ’n tipe skattejagkamp vir graad 7 tot 12 wat met bakkies op ’n plaas gedoen word. Die kinders word in spanne ingedeel en by elke span word 2 offisiere ingedeel. Een as bakkiebestuurder en een as die offisier.
Die spesialisasie waarop ons besluit (elke jaar is dit ’n ander spesialisasies), word dan opgedeel in vrae en dit word op punte op die plaas weggesteek. Die spanne het dan elke dag 10 punte wat hulle soek en vrae antwoord. Aan die einde van die kamp word die vrae nagesien en word ’n wenspan aangewys.
Elke span is verantwoordelik om self kos te maak deur die loop van die kamp. Die kosvoorraad word aan die begin van die kamp uitgedeel en in kratte gehou.
Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:
Samewerking; kaartlees; kosmaak in spanverband; navigasie
Kampleier:
Susan Huxham
Sel: 082 773 1911
E-pos: huxhams@lantic.net