Kentekens op ’n erkenningsbaadjie

deur Lizle van Tonder 

Voortrekkers is baie trots om hulle erkenningsbaadjies te dra. Sorg dat hulle kentekens gereeld aangewerk word, soos hulle dit ontvang. Dit is vir hulle baie belangrik. Hier is ’n paar oulike wenke.

  • Plaas die erkenningsbaadjie plat op ’n tafel.
  • Plaas die kentekens op die regte plekke. Gebruik die Voriemôl se kentekenstensil om die afstande te meet. Die Voriemôl verkoop ook ’n blaadjie met aanwerkinstruksies.
  • Gebruik Pritt om die kentekens tydelik op die regte plekke te plak. Dit moet Pritt wees. Moenie enige ander gom gebruik nie. Pritt kan mens maklik van die erkenningsbaadjie afhaal en dit los nie merke nie. Dit is nou as jy per ongeluk die kenteken skeef geplak het.
  • Wanneer jy dit klaar geplak het, hang dit op ’n hanger teen ’n kas en kyk of alles mooi in reguit lyne is. Die ideaal is om nou die baadjie aan te trek en te kyk of kentekens op baadjie reg lyk.
  • As jy tevrede is, begin dan om die kentekens vas te werk.