‘n Voortrekker se manifes vir die trap van nuwe spore

Hoofleier

Ek trap nuwe spore met
visie
wilskrag
verbeelding.

Deur onderskeidende denke
moed
en diensbaarheid
hou ek koers deur
uitdagings te aanvaar
en nuwe geleenthede
te skep
om my geloof in Jesus
Sy Woord
my taal
en kultuur
met trots
te bevestig,
uit te leef
en te laat groei.

Ek eer my voorgangers se spore vir
wat hulle bereik het,
en vir die betekenis wat hulle gevestig het.

Op my pad sal ek
ontdek,
ontgin,
bou
en handhaaf
tot voorspoed van
my gemeenskap,
my land,
my mede-landgenote
en my kontinent.

afAfrikaans
afAfrikaans