Kategorie:
Waterkamp
Waar en wanneer vind die kamp plaas?
In die Oktober-vakansie op en langs die Vaalrivier
Kort beskrywing van die kamp:
Hierdie kamp neem die senior Verkenner vir ses dae op ’n onvergeetklike avontuur. Dit is hier waar die Verkenner sy droom gaan ontdek en 35 km verder, van die vlot gaan afklim, ’n nuwe mens. Hier bou hulle ’n bielie van ’n vlot, pak die Vaalrivier aan vir ’n volle week, kuier en slaap elke aand aan wal, maak lekker kos en geniet die natuur. So op die vlot en in die aande om die kampvuur word daar diep gepraat oor jy as dienaarleier.
Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:
Graad 11 – Dienaarleier
Kampleier:
Susan Huxham
Selfoon: 082 773 1911
E-pos: huxhams@lantic.net