Kategorie:

Seekamp

 

Waar en wanneer vind die kamp plaas?

In die September/Oktober-vakansie te Bettiesbaai

 

Kort beskrywing van die kamp:

Die kamp kry sy naam van die Noorkapperwalvis wat in hierdie tyd van die jaar aktief is in die seewaters van die omgewing. Die kampprogram kom tot stilstand as roeringe in die seewater opgemerk word. Kinders klim soos dassies teen die rotse uit vir ’n beter uitsig en gil van plesier as die stertvinne dan hoog bo die water uitkom.

Vir die eerste dag en ’n half vind Voorslag-evaluering op die kamp plaas. Dit word afgesluit met die kamp se tradisionele “skoen opgooi”-seremonie en die stryking van die Voorslagvlag. Die hysing van die “Walvis”-vlag kondig die tweede fase van die kamp aan wat die Verkenner-spesialisasie Seekunde insluit.

 

Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:

Graad 7 – Voorslag-evaluering ; Seekunde

 

Kampleier:

Elizma Smith

Selfoon: 082 629 6415

E-pos: [email protected]