Branderkapperjolle_Blog

Branderkapperjolle

Die Voortrekkers Natal het vanjaar van 23 Junie tot 29 Junie vir die eerste keer as Gebied, die 15de Branderkaperjolle Verkennerkamp te Pennington in KwaZulu-Natal aangebied. Branderkaperjolle kan ook nie anders as met top kwaliteit kursusse soos Branderry, Seeroei, Snorkelduik, Skubaduik, Strandstudie, Strandvernuf en Rotshengel nie. Hierdie kamp het baie kompeterende voordele soos klimaat (heel…

Avontuurkamp

Oord Oos-Kaap Avontuurkamp

Waar die wielie die grondpad tref, begin die kampgees vlam vat in 26 Verkenners. Oord Oos-Kaap se 1ste avontuurkamp skop af op 25 Junie te Ranger’s Outdoors met luidrugtige jongmense wat lus is vir die lewe en nie kan wag om tyd met ou vriende te spandeer en God in die natuur te ontmoet nie.…

Oostelike_PD-kamp

Oostelike PD-kamp

’n Hele paar kinders van Noordpos kommando, het die Oostelike PD-kamp bygewoon. Hulle het onder andere Anglo-Boereoorlog (Gr 4), Kampeerder (Gr 5), Ruiterkuns (Gr 6) en Sterrekunde (Gr 6 en 7) spesialisasies gedoen. Gideon Stander wat die Anglo-Boereoorlog spesialisasie gedoen het, het dit baie geniet om te leer wat tydens die oorlog gebeur het. Hulle…

Senior_Hanekam_Kamp

Senior Hanekam kamp

Oos-Kaap se Graad 4- tot Graad 7-Voortrekkers het hul vakansie afgeskop met die Senior Hanekam kamp, ’n naweek van avontuur, speel en leer. By die kamp doen Graad 4 Groot Trek, Graad 5 Delwerye, Graad 6 ABO en Graad 7 Afrikanerkind. Graad 6- en 7-seuns moes die koue trotseer in hul tentjies, terwyl al die…

Groot_Droom

‘n Skip met ‘n Groot Droom

“Daar’s ’n groot seilskip, wil jy saam kom vaar… Daar’s ’n plekkie in die son vir jou en my. Is almal aan boord – hierdie skip DROOM GROOT!” … En dié skip, onder leiding van Kaptein Tekkies, het die jaar besluit om GROOT te droom. Die skip het egter nie net groot gedroom nie, maar…

Doonrkloof_Winterkamp

Winterkamp op Doornkloof

Die negende Winterkamp het plaasgevind van 22 Junie tot 27 Junie op Doornkloof in die Vrystaat. Vanjaar was daar weer gekamp op 2 terreine waar daar twee kursusse op elke terrein aangebied is. Op die Vlagsaal-terrein is die Fotografie- en Joernalistiekkursus en die Ruiterkunskursus aangebied. By die fotografie- en Joernalistiekkursus het die Verkenners geleer hoe…

PV_Afrondingskamp

Vrystaat by die Nasionale PV-afrondingskamp

Tydens die Julie-vakansie het 56 kinders en 10 offisiere die Nasionale PV-afrondingskamp bygewoon. Elkeen is huis toe met meer selfversekerdheid oor wie hulle is. Die kinders se Afrikanerwees, Christenwees en Suid-Afrikanerwees is bevestig en hulle het leierskapsvaardighede gekry om hulleself te handhaaf in die toekoms. Dit was vir elke kind voorwaar ’n heerlike ervaring. Die…

VTS_Seejol

Die Vaart van VTS Seejol, 2018

Op 22 Junie het die Vaart begin toe 4 busse met groot verwagting vanaf Waterkloof Hoërskool vertrek het. Die reis na Hartenbos het baie goed verloop en langs die roete is daar by verskillende plekke aangedoen om nog Matrose op te laai (Randburg, Kroonstad en Bloemfontein).  Op die Vaart was daar Matrose van Transvaal, Vrystaat…

tannie maatjie feature

Tannie Maatjie ontvang toekenning

Tannie Maatjie Greyling het vanjaar as deel van die Doornkloofkampe haar spesiale Doornkloofpenning vir 70 gebiedskampe ontvang. Sy het in 1968 haar eerste kamp op Doornkloof gedoen en oor die jare by etlike kampe gekamp. Die laaste 20 jaar is sy deel van die Hoofkwartier van Doornkloof tydens kampe. Die toekenning is deur oud-Gebiedsleier Ouboet Fouché…

Voortrekkers_Leierskamp2018

Leierskamp 2018 – ’n Fees van ’n kamp

Op Donderdag 29 Maart het die Piet Geyer-terrein op Doornkloof uit sy nate gebars om die graad 10-Verkenners te verwelkom. Met vrolike musiek, vriendelike offisiere en wapperende vlaggies kon die opgewondenheid vir die kamp nie weggesteek word nie! Die Vrystaatse Vories het geweet dat hulle hier tuis hoort en dat hiérdie kamp vir hope pret…

Voortrekkers_SPDW

SPDW

Die 3de April 2018 breek uiteindelik aan en Penkoppe, Drawwertjies en Offisiere stroom na De Bank vir SPDW 2018. Natal Voortrekkers het ook by ons aangesluit en die afwagtende uitsien dat die kamp moet begin,  was amper tasbaar. Die kamp is geopen met ’n asemrowende openingseremonie waartydens die vlae en 2018 se vaandel per boot,…

Voortrekkers_RhusKeeti

Rhus keeti 2018 – “Ons praat jou taal, digitaal”

Rhus keeti 2018 “Ons praat jou Taal, Digitaal” was weereens ’n groot sukses vol pret en avontuur, waar ons speel terwyl ons leer. Een van ons nuwe kursusse, Digitale Kommunikasie, het ons jeug geleer om op ’n verantwoordelike manier ’n digitale spoor te los. Selfs ons snoepie het hierdie jaar handel gedryf met kripto-geldeenheid, beter…

Voortrekkers_PD_Kamp

Noordelike PD Kamp

En daar doen NPD dit weer! Weereens is jonk en oud se wildste verwagtinge oortref. Wat ’n onvergeetlike kamp was NPD 2018 nie! Dit was ’n tyd waar ons kentekenwerk met pret en gemak kon voltooi. Vriende is gemaak en baie pret is saam beleef. Hierdie kamp in die noorde van ons land tussen Tzaneen…

Voortrekkers_Lunsklip

Lunsklip – vir die 57ste keer!

Die 57ste Lunsklip was ’n wonderlike ervaring.  Nie net was vanjaar se Buitegroep ’n besonderse groep Verkenners nie, maar daar was heelwat Selfbehouders wat vanjaar  vir die vierde jaar, agtereenvolgens, op Lunsklip gekamp het. In 2015 het die kamp verander van ’n kamp vir senior Verkenners met slegs graad 11’s (Selfbehoud) en graad 12’s (Buitegroep),…

VST-Kompetisiekamp-2-002

Kompetisiekamp

Kompetisiekamp vind op Doornkloof op die Overespruit-terrein plaas. Die gebiedskamp word aangebied vir graad 9-Verkenners en ons hanteer die kamplewe en ekologie spesialisasies gedurende die kamp. Die Verkenners maak vir 4 dae 3 etes per dag vir ’n span van ongeveer 10 Verkenners en afwisselend 3 offisiere. Die Verkenners ontvang ’n vooraf opgestelde spyskaart en…

Voortrekkers_Selfbehoudkamp

KABA Selfbehoudkamp

Vanjaar was die 26ste keer dat Kaba Selfbehoudkamp van die Oos-Kaapse Voortrekkers plaasgevind het – ’n heerlike en geseënde kamp. Dit was ook ’n unieke kamp om twee redes. Eerstens het dit vir die eerste keer in die 26 jaar nie tydens die kamp gereën nie. Dit spreek waarskynlik van die erns van die droogte…

Voortrekkers_Hoëveld_Paasnaweek

Hoëveld 2018 se besonderse Paasnaweek

Teen die tyd wat die son die eerste stofwolke op die grondpad begin vaspen het, het Hartbeesfontein al gewoeker en gewerskaf om ou bekendes én nuwe vriende ewe opgewonde te verwelkom onder die vaandels wat die temas van die vorige 5 jaar uitbasuin. Paasnaweek met ’n bonus-daggie het aangebreek! Dit was tyd vir Hoëveld PD…

Voortrekkers_Herfskamp

Herfskamp groei!

Herfskamp 2018 was die lekkerste ooit, ten spyte van die baie reën en modder op Doornkloof.  Ons kon kleilat speel, swem in die swemdam, konsert hou en baie leer. Opgewonde, positiewe offisiere het ons touwys gemaak in groepspele, godsdiens, spoorsny, ekosorg, plantekennis en touwerk.  Ons groei! deur Maralda Meyer

Voortrekkers_Boknes

Boknes ’n tuiste vir Oos-Kaap se Voortrekkers

Wat beteken die naam Boknes? Niemand weet regtig nie, maar dié wat wel weet, soos Oom Theuns Human, het vir my vertel dat die predikante wat hier kom kamp het, altyd bokbaardjies gedra het. Of dit waar is, weet ek nie. Ek glo dit is ’n wolhaarstorie! Maar … Wat ek wel weet, Boknes is…

Voortrekkers_Struwigkamp

Struwig Eko-reservaat

Volg die link om meer te lees: Elektroniese Brosjure Lede organisasies

app

Die Voortrekkers App

Bykans 3000 selfoongebruikers het al Die Voortrekkers App afgelaai. Hierdie App is nie net ’n hulpmiddel vir Offisiere nie, maar vir elke persoon wat betrokke is by Die Voortrekkers (Ouers, PD’s, Verkenners, Staatmakers, Heemrade, Vriende en Offisiere). Die App is soos ’n Leatherman in jou sak: Dit bevat al die inligting wat jy nodig het…

Voortrekkers_Renosterprojek

Renosterprojek

Die Voortrekkers Transvaal het vanjaar sommer ’n baie lekker gemeenskapsprojek waaraan alle kommando’s en spanne kan deelneem. Die Renosterprojek se doel is om geld in te samel vir Care for Wild, die organisasie sorg vir babarenosters wat se ouers dood gemaak is as gevolg van tenosterstropery. Maak seker elkeen van julle kry ’n Renoster-spaarbussie en…

Voortrekkers_Nuwe_Kommando's

Nuwe kommando’s

Namibië: Brandwag kommando by Elnatan Privaatskool in Stampriet Aan die begin van 2017 het ons begin met die harde werk van die stig van ’n nuwe kommando. Dit was gesprekke met die skoolhoof en direksie van die skool. Ouers wat genader word. Teen die einde van die jaar was die tyd ryp om Namibië se…

Voortrekkers_Fort_Klapperkop

Diens by Fort Klapperkop

Op Saterdag 20 Januarie was Oord Monument, Sweepslag staatmakers en vriende betrokke by ’n ongelooflike dag van kuier by die 120 jaar feesvieringe van Fort Klapperkop. Hoogtepunte het ingesluit: boeresport, kanon afvuur, perdryritte, volksdanse (volkspele, Skotse danse en Spaanse danse), lesings deur prof. Anton van Vollenhoven en oudkolonel De Waal, ’n verskeidenheid van stalletjies en…

Voortrekkers_Voriemôl

Voriemôl

Tagtig jaar gelede het Die Voortrekkers ’n depot begin vir die stoor en verkoop van Voortrekkerdrag. Die eerste depot was bedryf uit oom Badie Badenhorst se garage in Boksburg. Reeds in die eerste jaar is £6900 se voorraad verkoop. Op 27 Januarie is ’n nuwe hoofstuk begin toe Die Voriemôl sy deure amptelik by die…

Voortrekkers_Opleidingsnaweek

Kaapland se suksesvolle opleidingsnaweek

Die Voortrekkers Kaapland het van 9 tot 11 Februarie ’n geslaagde Volwasse opleidingsnaweek op hul Wes-Kaapse kampterrein te Wemmershoek gehou. Ongeveer 150 volwassenes het dit bygewoon van sover as Kathu, Vryburg, Upington en Port Elizabeth. Afrikanerlewe, Spanhantering, Voorslag Voorbereiding en Voortrekkerbestuur is aangebied deur kundige offisiere sowel as gasaanbieders. Die naweek is geopen deur Gebiedsleier…

Voortrekkers_Kursusnaweek

Kursusnaweek op Doornkloof

Vrystaat Voortrekkers het 2018 afgeskop met ’n baie suksesvolle opleidingsnaweek op Doornkloof. Die energie en groei word gesien in ’n derde van die volwassenes wat splinternuwe Voortrekkeroffisiere is. Boonop begin die Vrystaat met twee splinternuwe Voortrekkerkommando’s in Clocolan (Reeboksberg) en CR Swart by Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein. ’n Nuwe kommando in Bultfontein is…

Voortrekkers_Voriesaamtrek

Transvaal se 2018 Voriesaamtrek was vol dinamiet!

Ons het behoorlik die oë laat rek met ’n rekordgetal van driehonderd en veertig (340) plesierige Afrikaners: ouers, kinders, staatmakers, offisiere, groot en klein. Tydens hierdie ongelooflike ervaring het ons hoofleier Danie Langner en adjunkhoofleiers Corlia Botha, Johan Laubscher en Elizma Smit saam met die gebiedsbestuur en kampleiers koppe bymekaar gesit oor waarheen Transvaal se…

Voortrekkers_Dien

Voortrekkers dien

Baie Voortrekkerkommando’s en spanne is reeds die verskil in hulle gemeenskap met ’n veelvoud van plaaslike diensbaarheidsprojekte. Daar is wonderlike verhale van hoop en omgee, maar niemand weet daarvan nie! Voortrekkers se diensprojekte wissel van uitreik na mense in minder gegoede omstandighede, bewaring van ons erfenisterreine, erkenning aan gemeenskapsleiers tot natuurbewaring. Daar is selfs projekte…

Voortrekkers_Gesinsaak

Voortrekkersaak is ’n gesinsaak

ME Rothmann (MER) was tydens die Carnegie-ondersoek in die dertigerjare verantwoordelik vir die hoofstukke wat gehandel het oor die rol van die huisgesin, moeder en dogter. Sy beskryf die boustene van ’n beskawing as volg: Die gesin is die fondament van ’n beskawing. In die gesin ontwikkel ’n kind die mees basiese morele waardestelsel soos…

Voortrekkers_Venterskroon

Venterskroon, jy is Bakgat!

Die tema van Venterskroonkamp 2017 was “Ek KAN… want Jesus is…!” Die daaglikse tema wat die spasies gevul het, was “Liefde”, “Blydskap”, “Oorwinning” en “My Vriend”. Hierdie temas was daagliks uitgeleef op die kamp met elkeen wat hartsafdrukke gelaat het oral waar hulle gaan met wat hulle gesê en gedoen het. Mens kon dit gedurig…

Voortrekkers_SSBMW

SSBMW is beslis die plek om te wees

Die 2017-SSBMW-kamp vir graad 6’e te Mooihawens Jeugkampterrein in Bettiesbaai, was groot pret! Ons het meer geleer oor die omgewing en hoe om daarna om te sien. Ons was in spanne ingedeel, wat uit ’n mengsel van kommando’s bestaan het, en het so die geleentheid gekry om nuwe vriende te maak. Elke span moes sy eie…

Voortrekkers_Bettiesbaai_Kamp

Noorkapperkamp laaste keer op Bettiesbaai

Op 30 September 2017, Die Voortrekkers se verjaarsdag, begin die laaste Noorkapperkamp op Bettiesbaai. Die laaste omdat, na 11 jaar se kamp op hierdie lieflike terrein langs die see, die terrein nou verkoop is en nie langer as ’n kampterrein verhuur gaan word nie. Ons kamp vir oulaas met ’n groter groep as gewoonlik, ongeveer…

Voortrekekrs_Namibië_Visrivier

Namibië se Verkenners durf die Visrivier aan

Die Namibiese Verkenners het vanjaar vanaf 20-26 Augustus die 90 km Visrivier-staproete gaan stap. Die groep het bestaan uit 32 kinders, 4 offisiere, 2 heemrade en ’n mediese dokter. Die beplanning vooraf was met groot opgewondenheid gedoen en foto’s van die kospakkies, rugsakke en stapskoene is oor en weer op WhatsApp gestuur. Voortrekkers uit Walvisbaai,…

Voortrekkers_Kamp_Nakuphi

Kamp Nakuphi

Vanaf Saterdag 30 September tot Saterdag 7 Oktober het 96 Voortrekkers by die Da Gamadam bymekaar gekom vir Kamp Nakuphi 2017. Die Da Gamadam is tussen Witrivier en Hazyview in Mpumalanga, ’n rustige area met ’n pragtige natuurskoon. Kamp Nakuphi bied elke jaar aan die begin van die kamp die Waterveiligheid-spesialisasie aan vir almal wat…

Voortrekkers_Kamp_klitsgras

Kamp Klitsgras … klou om te hou!

In die hartjie van die Vrystaat is daar ’n kloof waar Voortrekkers graag bymekaarkom. Die kloof is op die plaas Doornkloof en nie net is dit ’n plek met vyf aparte kampterreine nie, maar so ook is dit ’n wildplaas! En so in die veld, ver weg van die stad se lawaai, kan ’n kind…

Voortrekkers_SomersetOos

Somerset-Oos Voortrekkers is bedrywig

Junior Hanekamkamp Somerset-Oos Voortrekkers het  op 27 en 28 Mei 2017 die Jnr Hanekamkamp te Van Stadenskloofterrein bygewoon.  Hierdie kamp is vir alle jeuglede vanaf Gr RR tot Gr 3. Gedurende hierdie kamp kry die kinders die geleentheid om die volgende spesialisasies af te handel: Afrikanerkindjie (gr RR en R), Dias (gr 1), Ou Kaap…

Voortrekers_Verkennerkamp

Dienaarleier Verkennerkamp te Bodemvas

’n Groep graad 11-Verkenners het op 30 September die Vaalrivier aangedurf met die 12 meter Gees Bekruiper. Watter wonderlike ervaring!!!!!!  Net eers duidelikheid oor die naam van die vlot – in kort die GB. Hierdie jaar het daar ’n week voor die kamp ’n groep op WhatsApp ontstaan  waar daar deeglik beplan is wat met…

Voortrekkers_Gr7_Kamp

Graad 7 Avontuurkamp

Vanjaar is daar weer met groot opgewondenheid uitgesien na die Gr. 7 Avontuurkamp te Doornkloof.  Dit is die Penkoppe en Drawwertjies se laaste kamp in die laerskool en dit het aan al die verwagtinge voldoen. Daar is skuilings gebou, vermom en bekruip, en geleer om ’n boog te maak; by die verskillende ontwikkelingsbane het die…

Voortrekkers_Voriemôl_Rekord

Voriemôl het rekord verkope

Tydens die Kongres van 2017 is ’n Voortrekkerwinkel, die Voriemôl, ingerig in die personeelkamer van Grey Kollege. ’n Verskeidenheid van 190 produkte was beskikbaar. Daar was baie verskillende aktiwiteitespakkies om Voortrekkerspanne mee besig te hou soos mosaïekwerk, lapverf, verf van Voortrekkerwapens, touwerksakkies, ’n groot reeks legkaarte en speletjies. Deel van die produkte was ook verskillende…

Voortrekkers_Olienhoutboom

ONDER DIE SKADU VAN ’N VRYSTAATSE OLIENHOUTBOOM

Onze Rust vertel die storie van ’n familie se betrokkenheid by die Vrystaat en sy mense oor vyf geslagte. President MT Steyn het die plaas Onze Rust genoem omdat die plaas, suid van Bloemfontein met sy koppies, olienhoutbome en wye horisonne vir hom ’n rusplek en bidplek was. Onder ’n olienhoutboom, vandag bekend as die…

Voortrekkers_Kongresprioriteite

KONGRESPRIORITEITE

1.         Belê in die Voortrekkerloopbaan Ons belangrikste kultuurbate Die Voortrekkerloopbaan het ontwikkel van die Voortrekkerkamp in 1923 tot vandag. ’n Bietjie minder as ’n eeu se oorgeërfde wysheid, kennis, vaardighede en praktiese ervaring is as kulturele kapitaal in die Voortrekkerloopbaan opgesluit. Dit is ons belangrikste kultuurbate, omdat dit die wyse is waarop Die Voortrekkers ons…

Voortrekkers_Hoofleier

HOOFLEIER STAP VOOR

Klem is op gesinne, sê hoofleier Geskryf deur Ruan Bruwer, soos verskyn in Volksblad, 15 Julie 2017; foto geneem deur Mlungisi Louw ’n Gesinsbeweging met ’n sterk klem op gesinne waar almal tuis voel, is die toekomsvisie van Die Voortrekkers se hoofleier. Dr. Danie Langner, hier by sy gesin, is gister onder dié ou olienhoutboom,…

Voortrekkers_Vorentoe

VOORTREKKERS VORENTOE!

Die inhuldiging- en belofteseremonie by die Boom van Sameswering was op vele vlakke betekenisvol. Enersyds was dit ’n bevestiging van ons wortels. Onder dieselfde boom het NJ van der Merwe, Japie Heese, CF Visser, Mabel Jansen en ander bestuurslede 85 jaar gelede ook met ’n JA-belofte hulle verbintenis aan Die Voortrekkers se ideaal om ’n…

Voortrekkers_Berge

GEE MY DIE BERGE!

Openingstoespraak van Die Voortrekkers se 23ste Kongres op Donderdag 13 Julie 2017 te Grey Kollege, Bloemfontein, deur Hoofleier Danie Langner. 115 jaar gelede het ’n penkop met ’n bliktrommel in sy hand aan die voordeur van Grey Kollege geklop. Hy was deel van ’n handjievol konsentrasiekampkinders wat tydens die Anglo-Boereoorlog deur Milner na topskole gestuur…

Voortrekkers_Kompitisiekamp_Gr9

Kompetisiekamp vir Graad 9

Kompetisiekamp is ’n onvergeetlike kamp. Dit is ’n kamp waar jy hard werk, waar jy jou kos gaarmaak en dit wat nie gaar is nie, bid jy gaar. Die kamp begin Saterdag waar elke span al sy toerusting kry en dan begin die groot bou.  Elke span bou ’n tafel, yskas, stoof en dreineringsput. Sondagoggend…

Voortrekkers_SPDW_Fees

SPDW vier fees

Fees het ons gevier, met oorgawe!!! SPDW het vanjaar hulle 40ste bestaansjaar gevier en is sodoende die oudste Penkop en Drawwertjiekamp in Transvaal. Alhoewel Sentraal Penkop en Drawwertjiekamp as ’n veldkamp begin is en vir 21 jaar ’n veldkamp was (te Voortrekkerplaas – Hartbeesfontein), is daar in 1998 besluit om dit te verander na ’n…

Voortrekkers_Noordelike PD_Kamp_02

Noordelike PD-kamp

Gedurende die Aprilvakansie het 185 Voortrekkers, jonk en oud saam gekamp met die leuse: “Ons KAN ook”. En wat ’n wonderlike kamp was dit nie. Tussen die woude en plantasies van die Westfalia-landgoed naby Tzaneen is daar tuin gemaak, diere versorg, handwerkvaardighede bemeester, plantekennis opgedoen, toue geknoop, spoor gesny en bewustheid van die veld opgedoen.…

Voortrekekrs_Kalahari_Vasbyt

Kalahari Vasbyt 4×4

Die jaarlikse Kalahari Vasbyt 4×4 het afgeskop op Donderdag 27 April te Kameel Laerskool. Tente is vinnig opgeslaan voor die donker ons oorval. Die kamp is op die gepaslike wyse geopen en al die reëls vir die kamp is neergelê. Spanne is ingedeel en elke span kon vir hulle bakkie ’n bestuurder kies. Die spanne…

Voortrekkers_Selfbehoudkamp2017

KABA SELFBEHOUDKAMP 2017

April 2017 het Kaba Selfbehoudkamp vir die vyf en twintigste keer plaasgevind. Die kamp het aanvanklik as Boknes Selfbehoudkamp bekend gestaan, maar omdat dit verwarring laat ontstaan het tussen hierdie kamp en die Boknes Verkennerkamp, en ook omdat ons nie meer by Boknes kamp nie, maar in die Kaba-vallei, net buite Alexandrië, is die naam…

Voortrekkers_Paarl85

Paarl Voortrekkers word 85

Paarl Voortrekkers het op 19 Mei 2017 hulle 85-jarige verjaarsdagherdenking met ’n heerlike reünie van oud- en huidige lede van die Paarl-kommando gevier. Dit het plaasgevind op die plaas Fraaigelegen, ’n geskiedkundige plaas, net buitekant die Paarl. Die geleentheid is deur 107 gaste bygewoon. ’n Gesellige atmosfeer is geskep met ’n smaaklike ete, heerlike plaaslike…

Voortrekkers_Maantuig

Een klein tree vir Rhus Keeti – Een groot stap vir Die Voortrekkers!

’n Groot droom het die pas afgelope Aprilvakansie waar geword. ’n Nuwe Ruimteselfbehoud-avontuur het afgeskop waartydens 12 Verkenners hul selfbehoud in die Rhus Reveles (Rhus Keeti Ontdekker) met groot sukses voltooi het. Edwin le Grange, kursusleier van Ruimteselfbehoud en ook een van die kandidate  vir die “Mars One”-projek, het entoesiasties saam met sy span: Chris,…

Voortrekkers_Gebiedskamp

Wes-Kaap PD Gebiedskamp

Van 1 tot 4 April het Graad 3-7 Penkoppe en Drawwertjies regoor die Wes-Kaap bymekaar gekom om die avontuur te Wemmershoek Voortrekkerterrein by te woon. Die kamp het gegons met entoesiasme en gelag. Van kind tot volwassene het met oorgawe deelgeneem om die kamp suksesvol te maak! Soos dit op enige Voortrekkerkamp gaan, is dit…

Voortrekkers_Bittereiders

Thaba Bittereinders 2017

Hoe om Thaba Bittereinders 2017 te beskryf? Dalk is dit die beste om dit in hul eie woorde te verduidelik.   My rug is seer My pet sit styf My tekkies laat Die aardkors skuif.   O, daai krag, Bittereinders het daai krag   Van hoender slag en ver loop tot saam lag om die…

Voortrekkers_Jagters

Jagters – deur die oë van ’n mentor

Thabakamp se Jagters, het baie dinge om na uit te sien, wat ’n indruk maak en altyd onthou word. Die eerste twee entiteite wat die Verkenners raaksien, is nie noodwendig die mentors wat vir hulle wag nie, maar die twee gelukbringers: Daisy die pink eenhoringperd, en Zecora die zebra. Die biosentrum by Ukutula is weer…

Voortrekkers_Wielrijders

Wielrijders hou koers op Thaba

Net noord van Brits is die vroegoggend bosgeluide, gedurende die afgelope vakansie, beslis onderbreek deur die sjieeeerrrrrr-geluide van ywerige Wielrijders op Thaba Veldwerkkamp! Bybelstudie teen dagbreek, voortreflike modderpoele, ’n onoorwonne sin vir humor en val- en kneusplekke, sal alle bergfiets-kentekengangers nog lank bybly. Meeste bakens en roetes se name het ontstaan n.a.v. iemand se “val/streek/toertjie/aandeel”…

Voortrekkers_Lunsklip_2017

Lunsklip 2017 – die buffelkamp

Lunsklip 2017 het amper nie plaasgevind nie! ’n Maand voor die kamp het die natuurbewaarder op die Percy Fyfe Reservaat, waar die kampterrein geleë is, laat weet dat daar ’n boma vol buffels in die middel van die kampterrein is. Die buffels, wat van die reservaat afkomstig is, was verkoop, maar daar was ’n dispuut…

Voortrekkers_Hoëveld

Hoëveld vat HIER vlam

Die Hoëveld PD-kampers het weer hierdie jaar bewys dat Voortrekkers KAN vlam vat HIER by Hartbeesfontein! Saterdagoggend 8 April 2017 is elke nuwe en ou bekende kamper verwelkomend gegroet deur die Kampraad met die wapperende vaandels van die afgelope vyf jaar se embleme en leuses bokant die hoofgebou. Met die opening is die Kampleier, oom…

Voortrekkers_Bestaansreg

Waarom het Die Voortrekkers vandag nog bestaansreg?

Ons almal het verskillende redes waarom die Voortrekkers vandag nog ’n belangrike faktor in ons land en  gemeenskap is (in die moderne lewe is.) Vir my lê die gemeenskaplike rede in die woorde van ons ABC-stelsel, “Afrikanerskap”, “Burgerskap” en “Christenskap”, asook die woorde “kultuur”, “natuur” en  “avontuur”. Afrikanerskap –  Waar anders as in Die Voortrekkers kan…

Voortrekkers_Kameraadskap

Kameraadskap

Op Paassondag staan ons vroegoggend met ’n beker warm koffie in die hand en wag op die graad 11-Selfbehoud Voortrekkers. Op Lunsklip is dit tradisie dat almal in die kamp ’n erewag vorm wanneer die Selfbehouders na drie dae se oorleef in die veld die kamp binnestap. Om te oorleef in die veld is nie…

Voortrekkers_Struwigkamp

Struwigkamp 17–21 Maart 2017

Een en sewentig Voortrekkers van vyf kommando’s (Doornkraal, Kameeldoring, Letaba, Queenswood en Impala) het die langnaweek in Maart by Struwig Eco Reservaat gaan kamp.  Die Verkenners het almal die Natuurbewaring spesialisasie gedoen, Graad 7-jeuglede het Erfgrond, wat een van ons Belofte-spesialisasies is, sommer gou kaf gedraf en dan het Graad 5- en 6-jeuglede die Ekosorg-spesialisasie…

Voortrekkers_Kampvuurgesprek

Kampvuurgesprek vir volwassenes

Op 16 Maart het Staatmakers, Heemraadslede en Offisiere byeengekom vir die eerste Volwasse Kampvuurgesprek, gereël deur die Transvaalse Staatmakerraad. Dit volg nadat daar ’n behoefte ontstaan het om ’n gespreksforum te begin om volwasselede, spesifiek ons jong volwassenes, te bemagtig om in sekere situasies, binne die Voortrekkeromgewing, op te tree. Tydens hierdie kampvuurgesprekke word volwasselede…

Voortrekkers_Roei

#VoortrekkersKAN Roei

Die hoërskoolspanne van die Voortrekkers Kanonkop Brackenfell het hulleself bewys as voorstevlotvaarders deur drie pryse los te roei in die onlangse Wes-Kaap Voortrekkers Verkenner Vlotvaart op die Bergrivier by Velddrift. Te midde van die voortslepende droogte is die bietjie nattigheid en avontuur op die water terdeë geniet na ’n lang nag van vlotte bou op die…

Voortrekkers_Johanna

Johanna van der Merwe-kommando gestig

Op 25 Maart is ’n splinternuwe Voortrekkerkommando by Laerskool Louw Geldenhuys in Linden, Johannesburg, gestig. Dit is die 14e nuwe Voortrekkerkommando die afgelope termyn en die tweede nuwe een in Johannesburg. Dit was nie net ’n mooi stigtingseremonie nie, daar was iets groots aan die geleentheid. Dalk was dit die tagtig opgewonde Voortrekkertjies, of die…

Voortrekkers_Volwasse_Saamtrek

Kaapland Volwasse Saamtrek 2017

Kaapland het hulle program vroeg in die jaar afgeskop met die 2017 Volwasse Saamtrek te Wemmershoek. Die saamtrek is bygewoon deur ongeveer 120 mense van so ver noord as Kathu en Despatch in die ooste. Oudergewoonte is die Vrydagaand uitgesit vir kenmekaar en spanbou-aktiwiteite. Verskeie offisiere het ons verbaas met hulle musiekkennis tydens die Noot…

Voortrekkers_E-leer

Is E-leer die toekoms?

In 2015 was die waarde van die e-leer-mark $166.5 biljoen werd. In 2017 word daar voorspel dat die waarde sal toeneem tot $255 biljoen. In ’n opname onder 25 000 jongmense wêreldwyd, het 77.84% van die respondente aangedui dat hulle al aanlynkursusse gedoen het. Die vraag is of e-leer tradisionele onderrig gaan vervang? E-leer is ontwikkel…

Voortrekkers_Beskermheer

Boodskap van die beskermheer

Ons is al diep in die nuwe jaar in en die momentum waarteen ons beweeg, neem geweldig toe. Dit bly ’n voorreg om ’n Voortrekker te wees en ons Skepper te kan bedank vir die voorreg dat daar nog ’n jaar tot ons lewens toegevoeg word. Groot is die verwondering dan vir alles wat met…

Voortrekkers_Appelbederf

Anton se aptytlike appel-karamel verrassing

Anton se aptytlike appel-karamel verrassing Dit is moontlik om ’n lekker appelnagereg op ’n staptoer te geniet. Hierdie bestanddele is lekker lig om te dra en na ’n lang dag se stap en aandete kan jy smul aan hierdie gereg. Anton de Klerk het hierdie resep saamgestel vir ’n staptoer. Hierdie resep werk ook lekker…

Voortrekkers_Melktert

Tannie Ans se agtienliter-bobaasmelktert

Tannie Ans se agtienliter-bobaasmelktert 27 Februarie is Nasionale Melktertdag. Vier hierdie dag saam met Voortrekkers of jou Voortrekkerspan. In Die Voortrekkers Kook resepteboek is tannie Ans se melktertresep. Ans Human is die bobaaskok van Die Voortrekkers in die Noord-Kaap. Haar kampkos is legendaries. Niks kom by haar maklike Bodemvas-melktertresep wat sy graag vir besoekers voorberei…

Voortrekker_Kommando_Groei

Hoe om jou Voortrekkerkommando te laat groei in ’n neutedop

Dwarsdeur die land is daar baie Voortrekkerkommando’s wat groei. Alhoewel elke kommando of veldkornetskap se situasie en gemeenskap verskillend is, is daar sekere dinge wat groeiende kommando’s in gemeen het. As Voortrekkers geniet ons lysies wat ons kan deurwerk om seker te maak ons het alles gedoen wat ons kon. Die probleem hiermee is dat…

IMG_2340-e1487747571914

Quo Vadis/ Waar gaan jy?

Die jaar het net te vinnig afgeskop met té veel onsekerhede, uitdagings en verrassings (goed én sleg). Daar is deesdae meer vrae waarvoor daar min, of weinig, antwoorde bestaan. Hoe gaan Donald Trump, nuutverkose president van die Verenigde State van Amerika, se buitelandse beleid ons ekonomie in Suid-Afrika beïnvloed? Gaan Brexit vir ons positief of…

Voortrekkers_Bybels

Bybels vir die Russe

“Wat gaan ons vir hulle gee om te eet?”, was Melanie se eerste vraag toe ek vir haar inlig dat die ses Russiese studente wat as gaste van die FAK Suid-Afrika besoek, Sondag na kerk by ons kom eet.  Die antwoord was maklik. Elaine se boerekos. Boonop sal dit nie net vir die Russe nie,…

Voortrekkers_Kranslegging

Kestell-kranslegging 2017

Die Vriende van die Oorlogsmuseum hou jaarliks in Februarie ’n Kestell-gedenklesing en kranse word gelê by die graf van ds. JD Kestell by die Vrouemonument en by die grafte van mev. Kestell en hul dogter in die Memoriam Begraafplaas. Vader Kestell soos hy ook onder die boeregemeenskap bekend gestaan het, is gebore te Pietermaritzburg, 15 Desember…

Voortrekkers_Gemeenskap_Verskil

Voortrekkers #KAN ’n verskil in die gemeenskap maak

Ons dink met nostalgie terug aan kindwees toe speletjies soos blikaspaai, derdemannetjie, boompie-verplant deel van grootword was. Baie van ons het grootgeword sonder rekenaars, televisie, selfone, tablette en iPads. Stellenbosch Voortrekkers het die inisiatief geneem om ’n Speletjieskursus te organiseer vir die gemeenskap. Die kursusgangers is almal mense wat met die jeug werk, of dit…

Voortrekker_Logo02

Hoe om die leuse van die Voortrekkers te verstaan

Hoe om die leuse van die Voortrekkers te verstaan Hier is ʼn paar voorbeelde om die leuse van die Voortrekkers by spanlede in te prent. Graad: 1 tot 7 Onderwerpe: Die leuse van die Voortrekkers   Stappe Vertel die Geskiedenis van die ontstaan van die leuse. Op 1 Augustus 1931 het die stigtingskomitee van Die…

Voortrekkers_Vrystaat_Kursusnaweek

Vrystaat Kursusnaweek

Die Vrystaat Voortrekkers het die naweek van 13 tot 15 Februarie ’n baie leersame kursusnaweek aangebied. Spanhantering, Fotografie, Bestuur en SAS, Kreatiwiteit en Seremonies is aangebied. Bykans 30 van die kursusgangers was nuwe offisiere wat die eerste keer op Doornkloof gekamp het. Hulle is ook op amptelike wyse ingelyf as Doornkloof-offisiere om die kampvuur, waar daar ’n…

Voortrekkers_Vorie_Saamtrek

Voriesaamtrek 2017

Die jaar het afgeskop met die Voriesaamtrek. Daar is agt kursusse en ’n Rondomtalie aangebied. Drie en vyftig persone is touwys gemaak in die hantering van hulle Voortrekkerspanne en 13 offisiere is beter toegerus om hul Voortrekkerkommando te bestuur. Hoofleier Danie Langner het gesorg dat 25 persone saam dink oor hoe om eietydse Voortrekkers te…

Voortrekkers_Kook

Die Voortrekkers Kook

Op spankampe is potte skuur en skottelgoed was net nie ’n groot prioriteit nie. Om dié rede probeer spanne so min as moontlik potte en panne vuilmaak. ’n Blikbeker word in Die Voortrekkers lankal nie meer net vir koffie gebruik nie. Dit is sommer ook ’n pot, kastrol en bord. Hierdie is ’n lekker kreatiewe…

Voortrekkers_Namibië

Namibië se Offisieresaamtrek – Spanboukamp

Die offisiere van Namibië het hulle jaarlikse offisieresaamtrek gedurende 13 tot 15 Januarie 2017 te Swakopmund gehou. Weens omstandighede kon meeste van die offisiere nie die kamp bywoon nie, maar dit het nie verhoed dat ’n lekker spanboukamp gehou is nie.  Andre Ross, ’n avontuurfasiliteerder, het die program aangebied en die offisiere deur verskeie oefeninge…

Voortrekkers_Huldeblyk

Huldeblyk aan Willie Grobler

Sy heengaan is vir ons ’n baie groot verlies, maar ons loof die Here dat Hy iemand soos Willie Grobler toegerus en gebruik het om ons lewens te verryk met die besondere voorbeeld wat hy vir ons gestel het. Hy was ’n deurleefde Christen, ’n sterk leier, ’n lojale vriend, ’n kindervriend, ’n volksman, ’n…

Voortrekkers_Verskil

Voortrekkers #KAN ‘n groot verskil maak!

Mariaan Booysen antwoord Opdrag 1 van die aanlyn Intreekursus so: (http://www.voriesopleiding.co.za/moodle/) Waarom het Die Voortrekkers vandag nog bestaansreg? Daar is verskeie redes waarom die Voortrekkers ‘n integrale deel van elke Afrikanerkind se lewe moet wees: Meeste van die Voortrekkerlede woon in stede, en het nie die geleentheid om werklik by God se natuur uit te…

Vootrekkers_Speletjies

Hoe om te begin – speletjies

Hoe om te begin – speletjies Dit is belangrik om lekker aktiwiteite met Voortrekkerspanne aan die begin van ’n nuwe jaar te doen. Speletjies is ’n goeie idee om mee te begin. Hier is ’n paar voorbeelde. Lees die wenke om idees te kry om ’n span in groepies in te deel. Een of twee…

Voortrekkers_Nuwe_Spore

Voortrekkers trap nuwe spore

Die Voortrekkers het vandag gesê dat hulle die volgende twee maande regoor Suid-Afrika en Namibië hulle 85ste bestaansjaar vier. Die tema vir die feesjaar is Trap nuwe Spore. Dr. Danie Langner, Hoofleier van Die Voortrekkers vertel dat jeuglede die geleentheid kry om tydens die feesjaar hul eie geskiedenis te skryf. “Voortrekkerspore van ouds word nie…

Voortrekker_Voetspore

‘n Voortrekker se manifes vir die trap van nuwe spore

Hoofleier Ek trap nuwe spore met visie wilskrag verbeelding. Deur onderskeidende denke moed en diensbaarheid hou ek koers deur uitdagings te aanvaar en nuwe geleenthede te skep om my geloof in Jesus Sy Woord my taal en kultuur met trots te bevestig, uit te leef en te laat groei. Ek eer my voorgangers se spore…

Voortrekkers_Juegdag

OORD KAAPSTAD vier Jeugdag

Elke kommando en hul kinders is genooi om te help met die insameling van die items wat ons bymekaar gemaak het.  Daar is op 11 Junie ‘n pretloop gehou ten bate van die Jeugdag en daardie fondse is gebruik om items soos netbal pale en kos aan te koop vir die dag. In die aanloop…

Voortrekkers_WesKaap_Bakenkamp

Wes-Kaap Bakenkamp

Die Bakenkamp in die Wes-Kaap het hierdie jaar ’n rekord getal inskrywings gehad. Die beddens was te min, die saaltjie te klein, die kombuis onder druk, maar deur dit alles was dit weereens ’n suksesvolle kamp. Deur al die geleer, het ons darem tyd gemaak vir pret ook. Soos gewoonlik het ons almal Bakenkop uitgestap.…

Voortrekkers_verskil

Dié verskil in jou spoor!

Trippe, trappe, trone … Hoëvelders trap onweerlegbare spore! Sommer van die staanspoor af, by aankoms by die Hoëveldkamp, was die kampers in ’n geestige luim in hierdie feesjaar waarin ons die Voortrekkers se 85e bestaansjaar vier! Hoe dan anders … ons gaan dan partytjie hou! Nadat almal ingeburger is en die kursusse afgeskop het, wag…

Voortrekkers_WInterkamp

Winterkamp

Baie van die Voortrekkers is dalk bewus van die Vrystaatse Winterkamp. Dié jaar het die sewende Winterkamp plaasgevind vanaf 24-29 Junie op Doornkloof. Tydens Winterkamp 2016 is die volgende kursusse aangebied: Jag en Wildbeheer, Boogskiet en Boogjag, Ruiterkuns en Noodhulp, Bergfietsry, Fotografie en Joernalistiek, Veldstudie en Voël-identifisering, Handwerk en Spele. Ek was betrokke by die…

Voortrekkers_Jakaranda

Hier trap, daar trap, in ’n japtrap op Jakaranda

Op Jakaranda 2016 is daar verskillende spore getrap. Die veldkornette het lekker gees geskep as die katte. Jan-Albert in die rol van Die Swart Kat het sy verskyning gemaak op strategiese tye en dan sy spoor gelos sodat die kampeerders kon weet hy slaap nie. Dis die lekkerste kamplekker om op Hartbeesfontein aan te kom…

Voortrekkers_Kuierkamp

Noord-Kaap kuierkamp

Op Vrydag 24 Junie 2016 het die verkenners op Bodemvas bymekaar gekom vir die kuierkamp. Die verkenners het ’n skattejag uitgewerk vir die Meerkatkamp se graad 6 & 7-kinders. Vroeg Saterdagoggend het ons na Tierkloofskool te Vryburg vertrek vir die kamp. Offisiere en verkenners het gezipline en dit het ’n paar van ons van ons…

Voortrekkers_Kinderlaggies

Kinderlaggies langs die kus

Hoe meet ’n mens die sukses van ’n gebiedskamp? Kyk jy na die grootte van die kamp, die groeisyfers, die ouers se kommentaar na die tyd? ’n Mens kan seker, maar dan kyk jy die belangrikste element mis: die fokus op die harte van pragkinders. Swartvlei was ’n warrelwindweek, ’n gekonsentreerde dosis van ervarings wat…

Loading blog posts...