
Oord Oosterlijn verwys na die spoorlyn wat Gauteng en Mpumalanga verbind.
Ons vier die samewerking tussen wes en oos, en die eenheid van ons gebied, gebind deur ‘n spoorweg-ruggraat.



Betekenis
Die oordnaam
Die spoorlyn was die verbindingslyn tussen die hoofsentra en die verafgeleë oostelike gebiede van die republiek, wat voorheen ‘n ongerepte en ontontwikkelde gebied was. Die naam simboliseer die hegte band van broederskap en samewerking tussen Gauteng en Mpumalanga asook dele van die Limpopo provinsies.
Die oordwapen
Die kleure opgeneem in die wapenontwerp is verweef met die kleure wat in Die Voortrekkers gebruik word as onderskeidende kleure vir alle vorme van indentifkasie met die doel om totale eenheid met die beweging te simboliseer, nie net as oord nie maar ook as draers van die leuse HOU KOERS!.



Oorddagbestuur
Oord Oosterlijn kommando’s
Ons het nie meer die spoorlyn nodig om verbind te wees nie, maar die spoorlyn het die ontwikkeling van alle dele van ons oord moontlik gemaak, en ons gedenk dit met trots.


