Reddingsboei

Danie Langner

Ek het die voorreg gehad om op 22 September die Reddingsboei, die Voortrekkers se toekenning vir buitengewone dapperheid, aan twee helde te oorhandig. Tydens ’n uitstappie na Groenkop, naby Bethlehem het ’n swerm bye ’n groep Voortrekkerkinders onverwags aangeval. Juan-Pierre Bosman het die hulpelose kinders met sy liggaam beskerm, terwyl Johan Leslie ten spyte van veelvuldige bysteke telkens teruggehardloop het om die kinders te red. Beide is na die tyd in die hospitaal behandel.

Dit was aangrypend om vandag te sien hoe die kinders wat by die voorval betrokke was, opgestaan en bly handeklap het.

Wat vir my baie, baie spesiaal was, was toe Johan se laerskoolseun na die oorhandiging na my toe kom waar ek een kant staan. Hy vra skamerig: “Dink oom regtig my pa is n held?” “Natuurlik,” antwoord ek, “ons almal dink so.” Die kleintjie gee my onverwags ’n stywe druk en hardloop met ’n groot glimlag weg. Hy is duidelik BAIE trots op sy pa. En met baie goe