Kategorie:
Waterkamp
Waar en wanneer vind die kamp plaas?
Jaarliks tydens die wintervakansie te Hartenbos aan die Suid-Kaapse kus.
Kort beskrywing van die kamp:
Vir binnelanders bly die see altyd ’n aantrekking. Om dus ’n Voortrekkerkamp by die see aan te bied, pas in die kraal van ons tieners. Die koue en winterweertoestande skrik hulle nie af om die seewater aan te durf nie, hetsy per kano of in ’n duikpak of sommer net om te swem! En wat is mooier as om die son oor die see te sien opkom wanneer ’n groep Voortrekkers vir ’n seremonie aantree!
Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:
Graad 8 – Seekunde
Graad 9 – Strandstudie
Graad 10 – Strandvernuf
Graad 10-12 – Soutwaterhengel; Kampkommunikasie
Graad 11 – Selfbehoud
Graad 11-12 – Snorkelduik; Seeroeikunde
Jong volwassenes – Seekunde
Kampleier:
Koos Stofberg
Selfoon: 082 577 1234
E-pos: koosstofberg@sanlam4u.co.za