

Die ontstaan van Afrikaans
Afrikaans het ontstaan uit ’n mengelmoes van tale en daar bestaan verskeie teorieë oor watter van die tale nou eintlik die meeste verantwoordelik was vir Afrikaans. Tale wat ’n invloed op die ontstaan van Afrikaans gehad het, was onder meer:
- Nederlands – heel moontlik die grootste invloed op die ontstaan van Afrikaans
- Duits – ’n groot invloed
- Frans – ’n groot invloed
- Maleis-Portugees – tot ’n mindere mate, maar tog ’n invloed
- Engels – ’n invloed
- Khoi – ’n invloed
Dat Afrikaans ’n taal in eie reg geword het, is ’n wonder. Daar was baie teenstand teen die erkenning van Afrikaans as taal in die kerk, die onderwys, die reg en in byna alle aspekte van die samelewing in die middel van die 1800’s. Alhoewel baie mense dit gepraat het, was dit aanvanklik deur ’n groot deel van die meer “gesiene” deel van die gemeenskap gesien as ’n spot-taal of plat taal.
Die webtuiste Afrikaans.com bevat volledige inligting oor die ontstaan van Afrikaans en die wêreld van Afrikaans:
Kyk gerus hierdie inspirerende video oor Afrikaans:
Die Hoe om “Hoe om ’n vasvra op GRA-dag te hou” bevat ’n vasvra oor Afrikaans:

Vyf…
Feite wat jy van Afrikaans moet weet:
- Suid-Afrika het die meeste amptelike tale in die wêreld, naamlik 11.
- Afrikaans het duskant 7 miljoen sprekers wat dit die derde grootste taal in Suid-Afrika maak.
- Afrikaans is die enigste Suid-Afrikaanse taal wat ook internasionaal verstaan word. In die res van die wêreld is daar meer as 24 miljoen mense wat Afrikaans verstaan, wat Nederland, België en Suriname insluit.
- Afrikaans is die enigste taal ter wêreld wat met monumente vereer word.
- GRA-dag word op 14 Augustus gevier.
Die skakel na die infodiagram wat tien spontane feite oor Afrikaans bevat, is hieronder:

Afrikaans en Die Voortrekkers
Die tema Afrikaans kom in die PD-graadwielboeke en Verkennerlewe voor. Voorbeelde:
- Wat is ’n moedertaal?
- Die ontstaan van en stryd vir Afrikaans.
- Hoekom moet ek my taal handhaaf en hoe doen ek dit?
- Bedreigings van Afrikaans.
- Die Bybel in Afrikaans.
- Spreekwoorde en idiome in Afrikaans.
- Geskiedenis van ons taal en die Afrikaanse Bybelvertaling.
- Afrikaanse musiek, skrywers en media.
- Die toekoms van Afrikaans en hoe jou besluite dit beïnvloed.
Die Voortrekkers het vir PD’s en Verkenners ook Afrikaanse kentekens, naamlik:
- Graad 2: Taalpret
- Graad 4: My Taal
- Verkenner: Afrikaanse Taalgeskiedenis
Die Afrikaanse Taalgeskiedenis-kenteken vir Verkenners kan aanlyn gedoen word.
In die Afrikanerlewe-kursus vir volwassenes bevat module 7 inligting oor Afrikaans. Temas wat aangeraak word in die module is:
- Wordingsperiode – GRA, Patriot, Bybelvertaling.
- Stryd om die amptelike erkenning van Afrikaans.
- Waar staan Afrikaans vandag en die pad vorentoe.
- Afrikaanse digters, skrywers en akteurs van die verlede en die hede.
- Digkuns as kultuurbeeld.
- Idiome en spreekwoorde van die verskillende bevolkingsgroepe en streke in ons land.
- Kultuurorganisasies wat die Afrikaner se taal en kultuur bevorder.
- Beskerm die Afrikaanse taal.
- Bewus sal wees van die diskriminasie teen Afrikaans en kennis neem van die uitdagings wat dit bied.
Hierdie kursus gaan tydens die Opleidingsnaweek van 25–27 November aangebied word.

Dis net ’n worsie
“Dis net ’n worsie” is ’n baie bekende liedjie wat die meeste Voortrekkers lekker kan saamsing. Min Voortrekkers ken egter die vierde strofe wat handel oor Afrikaans, my taal. Die woorde en musiek kan hier afgelaai word:
Dis Afrikaans, die taal van my vader,
taal van my moeder, taal van my hart.
Dis Afrikaans, die taal van my vader,
taal van my moeder, taal van my hart.
Maar in my hart is daar geen smart,
dis vol van vreugde:
ek sal die taal met vrymoedigheid praat!
Dis Afrikaans, die taal van my vader,
taal van my moeder, taal van my hart.