6 Februarie 2023

Vyf…

Belangrike datums vir Verkenners in 2023:

  • 11 Februarie 2023: Alle PV-kandidate, spanoffisiere en ouers word uitgenooi om in te skakel vir die gratis PV-Voorbereidingsdag wat aanlyn aangebied word deur Die Voortrekkers Transvaal. Vir meer inligting: pv.voortrekkers.co.za
  • 13 Maart 2023: Teoretiese vraestel vir Namibië
  • 17 April 2023: Teoretiese vraestel vir Suid-Afrika
  • 9 tot 13 Julie 2023: PV-Afrondingsgeleentheid, ’n nasionale kamp te Graaff-Reinet
  • 30 November 2023: Sluitingsdatum vir inskrywings vir die PV-proses 2024

Zoom-opleidingsessies

7 Maart 2023 om 19:00:

Dr. Anke Brand en Eldred de Beer is medeskrywers van die boek The digital dilemma. Restoring wholeness in spirit, soul and body. Kinders het vandag toegang tot ’n groot verskeidenheid digitale toestelle en sosiale media. Te veel skermtyd is ’n groot probleem vir ouers. Dr. Anke sal van die uitdagings aanspreek. Lees gerus hierdie artikel van Afrikaans.com: “Jou tiener en sosiale media – gebruik of misbruik?” by https://afrikaans.com/2021/03/10/jou-tiener-en-sosiale-media/

 

18 April 2023 om 19:00:

Dr. Santa Josling: Wenke om rooiligte groen te maak. Dr. Santa gesels oor tekens waarvoor ouers en offisiere op die uitkyk by kinders moet wees. Wat is gevaartekens?

Opleidingsgeleenthede

Transvaal het reeds ’n suksesvolle Voriesaamtrek aangebied. Indien dit nie vir offisiere moontlik is om opleidingsgeleenthede by te woon nie, kan aanlyn kursusse gedoen word.

 

Die Intreekursus, Spanhantering, Voortrekkerbestuur en Kreatiwiteit is kursusse wat aanlyn gedoen kan word. Die skakel na die aanlyn kursusse is vanaf Die Voortrekkers se webblad beskikbaar.

Spanprogramme

Beplanning is die sleutel tot sukses van ’n spanoffisier. Indien jou span weekliks vergader, is daar ongeveer 30 spanbyeenkomste ’n jaar. ’n Sigblad (Excel) is baie handig om jou spanprogram op te stel. Begin deur die datums van die spanbyeenkomste in te sleutel.

 

Gaan dan so te werk:

  1. Kyk na die temas/onderwerpe wat jy die jaar moet aanbied. Besluit watter week jy watter onderwerp gaan doen. Probeer die onderwerpe afwissel. Moenie dieselfde tipe onderwerpe na mekaar doen nie. Byvoorbeeld moenie geskiedenis van Die Voortrekkers die een week en dan geskiedenis van my volk die volgende week doen nie.
  2. Besluit watter kentekens jy die jaar wil doen. Kyk watter van die kentekens jy tydens kentekendae en kampe kan doen. Jy kan ook tydens die kommandokamp en spankamp/e beplan om ’n kenteken te doen. Besluit watter kentekens jy tydens spanbyeenkomste gaan doen. Jy kan afhangend van die graad, so ongeveer twee kentekens tydens spanbyeenkomste doen. Die idée van ’n kenteken is dat jy baie meer van die onderwerp moet weet (spesialis). Waak daarteen om kentekens na te jaag en soveel as moontlik te probeer doen. Spandeer tyd aan kentekens. Spanlede moet voel dat hulle die kenteken verdien!
  3. Beplan vir pretaktiwiteite – ten minste een ’n kwartaal. Dit is bv. boeresport of net speletjies. Maak iets om te eet bv. padpizza of braai ’n worsie op die vuur.
  4. Beplan ook vir ten minste een spanuitstappie per kwartaal. Besoek ’n monument, instansie, dieretuin, voëlpark, botaniese tuin, ens. Spanne kan gaan melkskommel drink by die naaste Wimpy. Jy kan selfs na een van die spanlede se huis gaan en die spanbyeenkoms daar hou. Dit is dan ook ’n uitstappie as spanbyeenkomste gewoonlik by die skool is.
  5. Ondersteun Omgeeweek deur ’n uitreikprojek te doen.
  6. Vier Die Voortrekkers se verjaarsdag.
  7. Vier nasionale en internasionale dae bv. Moedertaaldag, GRA-dag of Melktertdag.

Volg die skakel hieronder en toets jou kennis oor Voortrekkers!