Kategorie:

Veldwerkkamp

 

Waar en wanneer vind die kamp plaas?

Die plaas Klipkop, 20 km noordwes van Brits

 

Kort beskrywing van die kamp:

THABA Veldwerkkamp is geskoei op die waardes van geloof, respek, integriteit en trots. Die kamp bied ’n heelwese belewenis waar veld-, oorlewings- en lewensvaardighede deur kundiges aangebied en deur ervaring aangeleer word.  Ek KAN Uithou, Aanhou, Koershou – vir jare al die kreet van Thaba Veldwerkkamp wat vir talle Voortrekkers, van Veldontdekker (Gr 8) tot Rigter (Gr 12), van Mentor (Staatmaker) tot Kursusleier (Offisier), ’n huis geword het waar hulle geborge kon voel en net hulself kon wees.  Geen wonder nie dat daar verwys word na Thaba- my huis, my hart!

 

Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:

Graad 8 – Veldontdekkers (Veldstudie, Kamplewe)

Jagters (Jag en Wildbeheer, Boogskiet)

Graad 9 – Bittereinders (Veldvernuf, Paraatheid)

Noodwerkers (Nuwe Veldredding SO, Kaart- en satelietkompas)

Graad 10 – Brandwagte (Kampbeveiliging, Radiospraak)

Veldwagters (Veldwagter, Radiospraak)

Graad 11 – Padvinders (Veld Selfbehoud, Waardes)

Graad 12 – Rigters (Dienaar-Leier, Burgerskap [slegs per uitnodiging])

Graad 10-12 – Kommunikator (Kommunikasie, Joernalistiek)

Asst-veldwagmeester (Nutsman)

   

Kampleier:

Willie Wagner  

Selfoon: 082 921 3822

E-pos: kampleier@thabakamp.co.za