Kategorie:
Veldkamp
Waar en wanneer vind die kamp plaas?
In die September-vakansie in die Sederberge
Kort beskrywing van die kamp:
Kan dit wees? Dalk het jy dit gehoor in die fluister van die wind … Dalk kan jy net nie jou vinger daarop lê nie … Nee, wag, dit is tóg ’n werklikheid … Iemand het iewers vertel van hierdie kamp … Die één kamp wat jy nié moet mis nie!!
Die kamp wat nie vir sissies is nie. Die kamp waar jy jou grense verbreed. Die kamp waar jy hoër hoogtes bereik. Die kamp waar jy jou vriendskapsbande vir altyd ingraveer in jou hart! Die kamp waar jy “Kies om te kan”! Die BUITEPOSKAMP!
Ja, vra byvoorbeeld die graad 11-Verkenners wat laasjaar daar was … die dassieresep het toe handig te pas gekom! … net jammer die bestanddele was bietjie skraps! Hulle sal jou ook kan sê dat die Suidpool nie so ver suid is as wat hulle altyd gedink het nie, maar dat jy met ’n goeie tou diep waters kan oorsteek. En na ’n ongelooflike ervaring en ’n asemrowende uitsig, slaan hul nou hul oë op na die berg en weet waar hul Hulp vandaan kom!
Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:
Graad 11 – Selfbehoud
Kampleier:
Niel van Hoving
Selfoon: 083 444 7349
E-pos: nvhoving@gmail.com