Kategorie:
Waterkamp
Waar en wanneer vind die kamp plaas?
In die Junie-vakansie
Kort beskrywing van die kamp:
Die Winter Waterwerke Kamp is ‘n avontuurlustige ontsnapping wat vir Verkenners ‘n unieke belewenis bied in God se Skepping. Alhoewel dit in die middel van winter plaasvind word elke Verkenner met ‘n warm hart omhels. Daar word nie net vaardighede soos spanwerk en leierskap geleer nie, maar dit bied ook ‘n plek van geborgenheid. Elke Verkenner wat saam kom kamp word verryk in vele aspekte en stap met herinneringe weg wat vir ‘n leeftyd ingebed is in hulle wese.
Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:
Graad 8 – Varswaterkunde; Waardes; Waterveiligheid
Graad 9 – Roeikunde; Bybelkennis
Graad 10 – Seilkunde; Christelike Weerbaarheid
Graad 11 – Waterredding; Godsdiens Vandag
Kampleier:
Quintin Strydom
Selfoon: 084 788 8847