Kategorie:

Veldkamp

 

Waar en wanneer vind die kamp plaas?

Hierdie kamp vind elke vyf jaar in Augustus plaas op die walle van die Kunene-rivier teen die noordelike grens in Namibië.

 

Kort beskrywing van die kamp:

Hier herleef ons die Dorslandtrekker-geskiedenis, leer uit die verlede en bou ’n toekoms daarop. Ons woon ’n kerkdiens by aan die voet van die Dorsland Monument met familiewapenvlae en neem deel aan ’n kliplegging. Ons stap die fonteinroete, abseil, klim die 650 trappe af tot aan die voet van die Ruacana-valle en swem in die poele, trotseer die hindernisbaan en beleef avontuur in die natuur met oorgawe. 

 

Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:

Volkspele; Volksdanse; Dansvaardighede; Toeka; Afrikanertradisies; Afrikanerkind 

Familiekunde; Dorsland; Voëlidentifisering

   

Kampleier:

Willie Grobler

Selfoon: +264 811221227

E-pos: namv@nawa.co.na