Ons leef vandag in ’n baie gejaagde wêreld waar almal baie besig is. Voortrekkeroffisiere is nie noodwendig minder besig of het meer tyd as ander persone nie.
Die HOE OM-reeks is saamgestel uit idees van offisiere wat oor jare versamel is.
Die reeks is saamgestel om spanoffisiere te ondersteun. Dit bevat idees om spanbyeenkomste kreatief aan te bied.
Die HOE OM-reeks is nie ’n vervanging van graadwielboeke, offisierehandleidings of die Verkennerlewe nie; dit dien as ’n aanvulling daartoe.
Die voordeel van die HOE OM’s is dat dit dinamies is, dit kan aangepas, vernuwe of bygewerk word.
Stuur enige idees of voorstelle aan Sinta Robertse per e-pos na hoofkantoor@voortrekkers.co.za.