Kategorie:
Veldkamp
Waar en wanneer vind die kamp plaas?
In die April-skoolvakansie op Doornkloof
Kort beskrywing van die kamp:
Daai week sal ek nooit vergeet, ek sweer
Vir niks minder, vir niks meer
Ek sal hek toe en terug draf
Ek sal toelaat
dat al die wildehonde vir my blaf
Ek sal my elmboë oop val
Ek sal maagwand eet, rou eier en afval
Ek sal tot die aandure agter bakens aan loop
Ek sal selfs met Veldtjies ‘n paar bokke koop
Met my boshoed en houtgeweer
Sal ek die vlag hys – met trots en eer
Met my waterbottel en overall
sal ek saam my peleton
heen en weer rond hol
Ons sal jou klowe verken Doornkloof
ons sal vir jou klaarstaan Suiderkruis
want dis op Veldkamp
waar ons al die twyfel wou verkeerd bewys
En ek mis dit…
Ek mis die seer…
Want juis dit het my die meeste geleer
Ek mis die links-regs-omkeer
Ek mis die donkergroen gekamofleer
Daai week sal ek nooit vergeet, ek sweer
Vir niks minder vir niks meer
Veldkamp jy het my gevorm
Jy’t my gewys waar lê die regte storm!
Gedig deur: Wimé Rautenbach Veldkamp 2017
Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:
Radiospraak; Die Veldwagter
Leierskapontwikkeling, Veldkuns, ontwikkeling van finansiële- en bestuursvaardighede vir ’n wildkamp, wildveiling, oorlewing, radiospraak, patrollies, kamoeflering, kaart- en kompaswerk, wapenhantering, selfverdediging, hope pret en spangees by uitstek!
Kampleier:
Pieter Viljoen
Selfoon: 084 680 0066
E-pos: viljoenpcv@gmail.com