Kategorie:

Veldkamp

 

Waar en wanneer vind die kamp plaas?

April-vakansie op Wemmershoek

 

Kort beskrywing van die kamp:

Die Wes-Kaap Bakenkamp dien as voorbereiding vir die PV-proses. Die aandgesprekke handel oor die Voortrekkers se ABC en ons gesels, redeneer en debatteer lekker saam oor ons plig as landsburgers, ons plek as Afrikaners in Suid-Afrika en die wêreld, en ook die uitdagings wat jong volwassenes moet trotseer, en die ankers wat ons kan inspan om ons op koers te hou. Die teoretiese sessies word afgewissel met praktiese sessies en natuurlik die jaarlikse stap na Bakenkop, die hoogste punt op Wemmershoek.

 

Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:

Voorbereiding vir die PV-proses

 

Kampleier:

Anton Erwee

Selfoon: 082 828 7370

E-pos: anton@source.co.za