Kategorie:

Veldkamp waar kinders hulleself geniet terwyl hulle van geskiedenis leer.  

 

Waar en wanneer vind die kamp plaas?

In die September-vakansie op Doornkloof

 

Kort beskrywing van die kamp:

Die kamp se hoofdoel is om Doornkloof aan die kinders bekend te stel en hul lief te maak vir hul “eie” stukkie plaas. ‘n Groot deel van die kamp fokus op die ryk erfenis en geskiedenis wat daar op Doornkloof is en om die kinders daarvan te leer. Op Graad 4 kamp word daar baie gespeel en gesing. Die program bevat onder andere ‘n nag-stap, Vasvrae, Kranslegging, Olimpiade, handwerk en ons eie Doornkloof Nuusflits daagliks.

 

Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:

Graad 4 –  Noodhulp; Volkskennis: Groot Trek

   

Kampleier:

Christa Human

Selfoon:  084 466 1386  

E-pos:  [email protected]