Kategorie:

Veldkamp

 

Waar en wanneer vind die kamp plaas?

September op Doornkloof

 

Kort beskrywing van die kamp:

Avontuurkamp plaas heelwat klem op spanwerk. Deelnemers word uitgedaag in groepsverband om ‘n hele reeks uitdagings baas te raak as span, terwyl ons alles rondom die veld en bewaring van die natuur leer.

Die vorige kenteken op die kamp het in 2022 verander van veldveruf na veldbewustheid, maar groepe moet steeds die elemente trotseer en in hul eie skuilings slaap vir die duur van die kamp. Daar is heelwat klem op die natuur, en die bewaring daarvan.

Benewens die kennis wat opgedoen word moet deelnemers hulle staal wys tydens operasie suiderkruis, ‘n reeks uitdagings wat gepaard gaan met navigasie en strategiese denke.

Daar is ook talle ander uitdagings wat tydens die aandprogramme plaasvind, om hierdie kamp nie net leersaam te maak nie, maar ook waarlik die hoogtepunt van die penkop se Voortrekker loopbaan. – Dit is die ideale manier om hul laerskoolloopbaan mee af te sluit.

 

Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:

Veldbewustheid

   

Kampleier:

Johan Leslie

Selfoon: 071 343 8714

E-pos: educollege.johan@gmail.com