Kategorie:

Veldkamp

 

Waar en wanneer vind die kamp plaas?

In die September/Oktober-vakansie te Wemmershoek Voortrekker terrein buite Paarl.

 

Kort beskrywing van die kamp:

Hierdie kamp is die heel laaste gebiedskamp vir ‘n Penkop of Drawwertjie in die Wes-Kaap. Die kamp bied ʼn lekker mengelmoes program van verskillende aktiwiteite. Ons skop die kamp af met Voorslag evaluering, doen daarna Verkenner spesialisasies, tussendeur ‘n klomp ander aktiwiteite en sluit die Donderdagaand, hierdie laaste PD gebiedskamp, af op ‘n hoogtepunt met ‘n formele dinee.

Tydens hierdie weeklange kamp in die Bolandse berge leer ken die jeuglid die Bolandse riviere, damme, berge en bergpasse wanneer elke jeuglid die Berge of Riviere Verkenner spesialisasies deurloop, na afloop van Voorslag evaluering wat die eerste twee dae van die kamp plaasvind. Jeuglede weet nie voor die kamp watter een van die twee spesialisasies hulle gaan deurloop nie. Dit word bepaal deur die trekking van kopbande waardeur die kamp in twee kompeterende groepe, Berge en Riviere, verdeel word.

Op die voorlaaste dag van die kamp klim ons op die bus vir ‘n rit deur die Boland, oor die Bainskloof-, Du Toitskloof- en Franschhoek bergpasse, hou piekniek op die roete en besoek die Wemmershoek-, Bergrivier-, Brandvlei- Theewaterskloofdamme.

 

Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:

Graad 7 – Voorslag-evaluering ; Kennis word opgedoem oor berge en riviere van Suid-Afrika.

 

Kampleier:

Elizma Smith

Selfoon: 082 629 6415

E-pos: wkgr7gebiedskamp@gmail.com