Kategorie:
Veldkamp
Waar en wanneer vind die kamp plaas?
In die April-vakansie op Doornkloof
Kort beskrywing van die kamp:
By hierdie kamp op Doornkloof kamp jy saam met jou maats en boeties en/of sussies. Dit veroorsaak ‘n baie goeie samehorigheidsgevoel en omgee vir mekaar. As bonus kry almal die geleentheid om met die trekker en wa wild te gaan besigtig. Graad 4-7 spanne doen die seremonies tydens die kamp, sodoende verseker ons dat die kleiner kinders gemaklik raak om die vlae te hanteer, en om op te tree as seremonieleiers.
Elke graad doen hul eie Spesialisasies, maar die aktiwiteite in die aand vind plaas as een groot groep.
Die aanbieders van die Spesialisasies is offisiere wat toegewyd is en het goeie ondervinding.
Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:
Graad 4 – Speletjies; Plantekennis
Graad 5 – Ekosorg; Touwerk
Graad 6 – Spoorsny
Graad 7 – Godsdiens
Kampleier:
Maralda Meyer
Selfoon: 084 653 3850
E-pos: meyermaralda@gmail.com