Hoe om die Voortrekkerkode met verkenners te bespreek

Kategorie:

Voortrekkerlewe

 

Graad of Groep:

Graad 9 tot 12

 

Beskrywing:

Die doel van die aktiwiteit is om Verkenners van die Voortrekkerkode te leer, en om ’n gesprek te fasiliteer wat Verkenners help om die Voortrekkerkode beter te verstaan.

Tydens hierdie aktiwiteit kies Verkenners een prentjie wat hulle assosieer met ‘n Voortrekkerkode. Daarna verduidelik die Verkenner hoekom die spesifieke prentjie gekies is. Daar is geen korrekte antwoord nie, en vrye interpretasie van gedagtes word aangemoedig.

 

Onderwerp:

Voortrekkerkode