Hoe om Kahoot! te gebruik

Kategorie:

Digitaal

 

Graad of Groep:

Graad 6 tot 12

 

Beskrywing:

Kahoot! is ʼn speletjies-gebaseerde leerplatform wat gratis is. Dit is baie gewild by hoërskool-leerders. Vrae word op ʼn skerm vertoon. Elke deelnemer kry geleentheid om die vraag te beantwoord. Die deelnemers gebruik hulle selfone (of rekenaars of ander toestelle) om die vraag te beantwoord. Resultate word op die skerm vertoon, m.a.w. hoeveel het watter antwoord gegee en watter antwoord is die regte een.

 

Onderwerp:

Voortrekkerwerk