Hoe om met Morsekode te kommunikeer

Kategorie:

Kommunikasie

 

Graad of Groep:

Graad 3 tot 12

 

Beskrywing:

Morsekode is ’n spesiale kode wat per telegraaf en radio versend kan word, waar elke letter voorgestel word as ’n unieke kombinasie van kort en lang klanke (uitgespreek as ‘dit’ en ‘daa’ onderskeidelik).  Dit is deur Samuel Morse en Alfred Vail in 1835 ontwerp.

Dit is oorspronklik gebruik om nuus en persoonlike boodskappe per draad en later per radio oor lang afstande te stuur. Die voordeel van Morsekode is dat dit met eenvoudige toerusting gestuur en ontvang kan word en met min elektriese krag oor langafstande sigbaar kan wees.  Die  ervare seiner en ontvanger is selfs meer effektief as tieners op selfone. (Sien https://www.dailymotion.com/video/x1wltc). Die aanleer van Morsekode (soos soveel ander goed wat die moeite werd is) neem tyd en herhaling.

Gelukkig is daar elektroniese hulpmiddels, want Morsekode moet geHOOR word!

 

Onderwerp:

Kommunikasie, Morsekode