Hoe om papierkrale van oorskietpapier te maak

Kategorie:

Natuur

 

Graad of Groep:

Graad R tot 12

 

Beskrywing:

Hierdie kunstige nutsartikel word gemaak van amper niks. Dit kan gebruik word om ’n handwerkitem vir enige ouderdom te maak.

Interessant – in die Victoriaanse tye in Engeland het vrouens bymekaar gekom om van oorskiet muurpapier krale te maak deur repies papier om breinaalde te draai. Hulle het die krale ingeryg op lang stringe gedraaide wol en dan verskillende dinge daarmee gemaak soos om klomp stringetjies teenmekaar te hang vir gordyne. Ons kan dit vandag inryg om byvoorbeeld juwele te maak.

Maak kinders ook bewus van papierherwinning.

 

Onderwerp:

Handvaardighede, handwerk, beeldende kunste, herwinning