Kategorie:
Lewenskuns
Graad of Groep:
Graad R tot 12
Beskrywing:
Mense het dikwels vooropgestelde idees oor sekere onderwerpe, sonder om grondige redes te hê.
Dit bepaal dikwels watter keuses mense maak. As jy in ’n winkel voor ’n rak vol roomys staan, wat laat jou besluit watter een jy gaan vat? Jou keuse word beïnvloed deur:
- eie ervarings
- ander mense – wat vriende sê, advertensies
- persoonlikheid en gemoedstoestand – is ek waaghalsig, soek ek troos by ’n ou bekende smaak, hou ek van roetine
- sintuie – sien, ruik, smaak, hoor, voel
- persepsies – wat jy dink iets is, voordat jy weet
- prys
Onderwerp:
Persepsies, keuses