Kategorie:

Veldkamp

 

Waar en wanneer vind die kamp plaas?

In die Maart/April-vakansie op Hartbeesfontein, Pretoria.

 

Kort beskrywing van die kamp:

Hierdie is ’n kamp vir kinders. Dis hier waar almal – groot en klein – weer die kind in jouself kan ontdek deur met kinders te werk, saam met hul te lag en te speel en nuwe vriendskappe te bou met ander wat dieselfde passie het.

Hierdie kamp gee mens die geleentheid om kinders te help vorm om die soort Christen Afrikaner te word op wie ons en hulle later self trots kan wees. Op Hoëveld-kamp ervaar jy eerstehandse belewenisse wat jy hiervandaan saam met jou kan dra wat betekenis aan jou lewe vorentoe sal gee.

 

Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:

Graad 1 – Spele

Graad 2 – Veldkook

Graad 3 – Handwerk; Spoorkennis

Graad 4 – Vasbyt (Fiksheid); Plantekennis; Noodhulp

Graad 5 – Weerkennis; Touwerk

Graad 6 – Spoorsny; Kommunikasie

Graad 7 – Medemens; Veldbewustheid

Volwassenes – Intreekursus 

 

Kampleier:

Philip de Kock 

Selfoon: 082 657 3300

E-pos: pwdk@absamail.co.za