Kategorie:
Veld- en seekamp
Waar en wanneer vind die kamp plaas?
In die April-skoolvakansie op die plaas Klein Kaba, net buite die dorp Alexandrië in die Oos-Kaap. Dit is 100 km os van Port Elizabeth op die R72.
Kort beskrywing van die kamp:
Ons wil sien dat Afrikaner jongmense in die toekoms Selfbehoud toepas en daarna streef om ’n verskil te maak in Suid-Afrika en in die wêreld. Verder wil ons aan hulle die uitdaging en avontuur bied om daadwerklik hul grense te verskuif. Na die kamp moet Verkenners die woorde “ek kan nie” uit hul woordeskat uithaal en vervang met: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.”
Ons leer Verkenners van Selfbehoud deur hulle uit hul gewone omgewing (lees: gemaksone) uit te haal en dan op te lei om hulleself te handhaaf in die veld en by die see in ’n situasie wat buite die gewone, voorspelbare en alledaagse is. Ons leer hulle dan om iets te waardeer van dit wat God aan hulle gelaat het en ook hoe om dit op te pas.
Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:
Graad 11 – Selfbehoud
Graad 12 – Keurgroepe: Kerngroep of Buitegroep
Kampleier:
Ds. Willem Petzer
Telefoon: 043 741 2515
Selfoon: 083 236 2826
E-pos: wilpet99@mweb.co.za