Kategorie:

Veldwerkkamp

 

Waar en wanneer vind die kamp plaas?

Maart/April te Percy Fyfe Natuurreservaat naby Potgietersrus

 

Kort beskrywing van die kamp:

Die kamp is in 1962 gestig en word nog elke jaar op dieselfde terrein, wat spesiaal vir die kamp gebou is, gehou. Alhoewel die grond aan Natuurbewaring Limpopo behoort, word onderhoud van die terrein deur Lunsklip gedoen.

Graad 11 en 12 Verkenners kamp vir 8 dae binne die wonderskone Percy Fyfe en Witvinger natuurreservate waar hulle leer hoe om selfbehoud toe te pas in ‘n oorlewingsituasie. Dis vir baie jongmense ‘n lewensveranderende ervaring waar hulle hulself beter leer ken en ervaar hoe hulle hul grense kan skuif soos hulle nie gedink het moontlik is nie. Junior Verkenners doen ‘n verskeidenheid kentekens waarvan die meeste van die aktiwiteite in die natuurreservate gedoen word. Verkenners en volwassenes word soveel moontlik tyd in die natuur gegun, waar hulle God se Skeppingsopenbaring in sy volle glorie kan ervaar.

 

Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:

Graad 8 –; Veldvernuf en Tradisionele Spele

Graad 9 – Natuurbewaring en Vuurwapens; Voetslaner en Sterrekunde

Graad 10 – Kampbeveiliging en Leierskapvaardighede

Graad 11-12 – Selfbehoud

Graad 12 – Buitegroep (keurgroep) en Binnekring (op uitnodiging)

Volwassenes – Veldwerkspesialisasie

   

Kampleier en sekretaresse:

Malan le Roux

Selfoon: 071 609 5167

E-pos: lunskamp@gmail.co.za

 

Janie van Heerden

Selfoon: 082 582 6354

E-pos: lunsklipkamp@gmail.com