Kategorie:
Veldkamp
Waar en wanneer vind die kamp plaas?
Die Meerkatkamp word elke jaar aangebied die eerste naweek na die skool sluit vir die Junie-vakansie.
Kort beskrywing van die kamp:
Die doel van die kamp is om Graad 7’s reg te maak vir die Voorslagtoets en om Graad 6’e voor te stel aan die proses. Dit word op ’n lekker kompetisiebasis gedoen waar die kinders in spanne gedeel word (verkieslik gemeng) en dan wen die span wat die beste vaar ’n groot (lekker) prys.
Die spanne ding mee by verskillende punte waar ons soortvan die Voorslagtoets probeer na-aap. Die enigste verskil tussen die Meerkatkamp en Voorslagtoets is dat voorslagtoets individueel gedoen word en die Meerkatkamp laat hulle in spanne saam deel neem.
Hulle leer so half speel speel want aan einde van elke “toets” word hulle bietjie touwys gemaak van wat die regte antwoorde moes wees.
Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:
Voorslagvoorbereiding
Kampleier:
Nicolaas Zaayman
Selfoon: 084 740 4992
E-pos: nicolaaszaayman@gmail.com