Kategorie:

Veldkamp

 

Waar en wanneer vind die kamp plaas?

Hierdie kamp vind plaas by Okonjima AfriLeo Privaat wildtuin naby Otjiwarongo in die Mei-vakansie.

 

Kort beskrywing van die kamp:

Wees besig van douvoordag tot laat saans. Ondersoek verskillende gelowe en word paraat vir die toekoms. Die bederf is groot met ten minste een wildbesigtigingstoer per dag. Stap saam met die gids op die Boesmanroete en beleef hul leefwyse. Avontuur in die natuur en uitmuntende aanbiedings, dis wat jy kan verwag. Koukus en beraadslag tot laat in die aand om ’n kampvuur onder die sterrehemel en ervaar die grootheid van ons Skepper.

 

Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:

Natuurbewaring; Gelowe   

   

Kampleier:

Mildred van Wyk  

Selfoon: +264 812558373

E-pos: [email protected]