Kategorie:
Veld- en waterkamp
Waar en wanneer vind die kamp plaas?
In die Oktober vakansie op die plaas Wildeklawer, omtrent 20 km vanaf die hoofkamp, Bodemvas, buite Barkly Wes. Wildeklawer is een van die Top Tien spogplase in SA, wat al op die TV program, Megaboere te sien was.
Kort beskrywing van die kamp:
Dit is die graad agts se eerste gebiedskamp as verkenners en dit verskuif hulle sielkundige grense. Ons slaap onder die oop sterrehemel op die oewer van die Vaalrivier, die ideale plek om Varswaterkunde aan te bied. Varswaterkunde verskaf die nodige kennis om hierdie noodsaaklike hulpbron te bewaar. Met die Seremonies spesialisasie word konvensionele en seremoniële drilwerk aangebied en elke jeuglid word opgelei om as seremonie-leier op te tree. Die Voetslaner spesialisasie dek die nodige teorie, waar na die 20 km staptog vanaf Bodemvas na Wildeklawer af gelê word. Vier dae later stap ons weer die afstand terug. Ons ervaar dagbreek in die natuur.
Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:
Graad 8 – Varswaterkunde; Seremonies; Voetslaner
Kampleier:
Dawid van der Berg
Selfoon: 083 387 6296
E-pos: david1vdb@telkomsa.net