Kategorie:
Veldkamp
Waar en wanneer vind die kamp plaas?
In die Oktober-vakansie in ’n beboste gebied langs die Vaalrivier naby Barkly-Wes
Kort beskrywing van die kamp:
Op hierdie kamp moet Verkenners vir 6 dae in hulle selfgeboude skuilings bly, hulle eie geriewe bou en elke ete self voorberei. Die kamp is ’n kombinasie van ’n oorlewingskamp en veldvernuf wat op ’n kompetisiebasis aangebied word. Hier leer Verkenners hoe ’n leier in ’n noodsituasie optree, oorlewing, makkerhulp, skuilingbou, verskeie vuurmaakmetodes, water, diere, insekte en plante as bron van oorlewing, veldkook en vele meer. Hierdie kamp is vir die dapper graad 9-Verkenner, want hier word grense verskuif.
Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:
Graad 9 – Veldvernuf; Kamplewe
Kampleier:
Johan Teessen
Selfoon: 082 443 1617
E-pos: admin@bsarek.co.za