Kategorie:

Veldkamp

 

Waar en wanneer vind die kamp plaas?

In die hartjie van die Westfalia-landgoed tussen plantasies en natuurlike woude naby Tzaneen, gedurende die Aprilvakansie.

 

Kort beskrywing van die kamp:

Met die rustige gekabbel van die bergstroom langs ons en die ligte geritsel van die bloekomplantasies se blare smee ons hegte vriendskapsbande met mede-offisiere en kinders. Hier beleef kinders die liefde en aandag van toegewyde volwassenes in ’n prentjiemooi natuurtoneel. Natuurlik is die glyklip waarvoor die kamp bekend is die hoogtepunt waar jy plat op jou maag en sopnat met Moeder Aarde kennis maak.  

Ons dank en nagedagtenis gaan aan dr. Hans Merensky wat in sy nalatenskap hierdie ongelooflike “Feetjieland” met ons, Die Voortrekkers, deel.

 

Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:

Graad 1 – Tuinier

Graad 2 – Dierewaarneming

Graad 3 – Handwerk

Graad 4 – Plantekennis 

Graad 5 – Touwerk

Graad 6 – Spoorsny

Graad 7 – Veldbewustheid 

 

Kampleier:

Henk Lottering 

Selfoon:  084 409 0132

E-pos:  HENK.L01@curroholdings.co.za