Kategorie:

Avontuurkamp

 

Waar en wanneer vind die kamp plaas?

Die voorloper van Rhus keeti was ’n veldwerkkamp voortspruitend uit Skeerpoort Veldwerkkamp en later Krokodilpoort. Offisiere afkomstig van Kruisrivier en Wes-Falia het hulle bydrae kom lewer en so ’n nuwe kamp ideaal en struktuur tot stand gebring. Die aanbieding daarvan vind op die Tarentaalstraat-kampterrein plaas in die Waterberge van Limpopo tydens die Maart vakansie.

 

Kort beskrywing van die kamp:

Die offisiere wat Rhus keeti aanbied, strewe daarna om so lekker as moontlik te “speel”… dus nooi ons elke Verkenner om saam te “speel” en so vaardighede deur ervaring te bemeester.

Hoewel jongmense jaarliks die kamp as baie lekker ervaar, stel die aanbieders/kampbestuur hulle ten doel om die maksimum ervaring en ’n onvergeetlike avontuur tydens die oordra van vaardighede aan Verkenners te bied.

 

Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:

Graad 8-9 – Veldvernuf; Verfbal

Graad 8-12 – Voëlidentifisering; Fotografie; Sterrekunde

Graad 10-12 – Jag en Wildbeheer; Rotsklim; Gevorderde boogskiet; Kampbeveiliging; Hengel

Graad 11-12 – 4×4 Veldry; Selfbehoud

   

Kampleier:

Charl Fischer

Selfoon: 072 373 4636

E-pos: info.rhuskeeti@gmail.com