Kategorie:
Penkop en Drawwertjie Waterwerkkamp
Waar en wanneer vind die kamp plaas?
Jaarliks in die April-vakansie by De Bank Voortrekkerterrein aan die oewers van die Vaaldam
Kort beskrywing van die kamp:
SPDW het ’n unieke karakter. Tente word voorsien sodat kinders uit verskillende kommando’s met mekaar meng en vriendskappe smee wat jare se vlamme laat hoog brand. Lewensvaardighede soos om te deel met ander, verdraagsaamheid en respek vir ander word geleer. Van die spesialisasies verg uithouvermoë, deursettingsvermoë en vasbyt en aan die einde van die kamp het die kind ook sy grense geskuif.
SPDW is ’n vakansiekamp, waar die kinders (en ook die offisiere) tyd kry om te speel, swem en kano ry.
Vaardighede wat op die kamp ontwikkel word:
Graad 1&2 – Spele
Graad 3 – Paraatheid
Graad 4 – Waterfiksheid; Groottrek
Graad 5 – Varswater; Dierekennis; Roeikuns
Graad 6 – Varswaterhengel; Redding
Graad 7 – Waterbewustheid; Erfgrond
Volwassenes – Seilkuns
Kampleier:
Gawie Naudé
Selfoon: 083 479 5582
E-pos: kampleier@spdw.co.za